advertisement
Question
Posted by: Sunshine | 2010-05-27

Antwoord en repliek op " posting 1690" : Geswelde limfklier en ...

Hallo Dr Bets

Ek kan nie vir jou beskryf hoe bemoedigend dit is om IEMAND te he wat na my luister nie. Ek sal jou ewig dankbaar wees dat jy tyd vat om my terug te antwoord. BAIE BAIE dankie.

Hier is die antwoorde op die vrae wat jy my gevra het:

1. Het ek katte?: Nee, ek het nie katte nie. Eienaardig, die ENT het dit ook vir my gevra - en later verduidelik dat ''n mens se limfkliere ook ''n reaksie kan toon as jy dalk deur ''n kat gekrap is. Maar nee, ek het nie katte nie, en ek het ook nog nooit katte gehad nie.

2. Rook ek?: Nee, ek rook nie. As gevolg van my asma (wat onder beheer is - en ek is ook al 9 jaar lank ''n pasient van ''n bekende Pulmonoloog by Unitas hospitaal) kan of WIL ek nie rook nie. Ek het nog nooit gerook nie, en is ook nie van plan nie. Daar is ook niemand in my huisgesin of naby familie wat rook nie. In my werksomgewing (ek werk in ''n kantoor opset) word rook ook verbied.

3. Het ek ''n long x-straal gehad?: Ja, ek het. Die laaste een wat ek gehad het was in April hierdie jaar toe ek in die hospitaal was vir brongitus. Die x-straal was nie kommerwekkend nie - net aanduidend dat daar ''n infeksie is. Die dag voordat ek ontslaan is, het ek weer ''n x-straal gehad - en hierdie keer was dit skoon en normaal.

4. Het ek enige maagsimptome?: Ja, ek het. Ek lei aan prikkelbare dermsindroom (wat my lewerdokter ook behandel). Dit " benadeel"  nie my lewe nie, maar maak dit net ''n bietjie meer ingewikkeld om sekere kossoorte te eet. Ek het PDS al amper 6 jaar en dit is onder beheer. Wat ek wel die afgelope tyd agtergekom het is dat my stoelgang by tye (ek kan dit soms aanvoel dat hier " iets"  oppad is) die kleur van mosterd is - en soms ook ''n baie anderste onaangename reuk het. Ek sal vir die tydperk (seker ''n dag of so) ongemak verduur weens winderigheid en krampe, maar daarna keer dit stelselmatig terug na normaal. Ek het ook al insidente gehad waar my stoelgang wit was (eienaardig, maar waar). Tydens my lewer biopsie in Februarie hierdie jaar het my lewerdokter ook ''n kolonoskopie gedoen omdat ek gekla het van bloederigheid in my stoelgang. Hy kon egter niks verkeerd kry nie. Ek het nog nie weer enige bloederigheid in my stoelgang gehad nie.

5. Het ek enige ystertekort?: Ek is nie seker nie. Ek weet nie of ek al ooit daarvoor getoets is nie. Ek sal vra dat hulle dit ook toets.

6. Het hulle met die sonar na my lewer EN bekken gekyk?: Hulle het net na my lewer gekyk, maar die CT scan wat ek verlede jaar gedoen het, het na my bekken ook gekyk. Dit het niks opgelewer nie. Die verslag het net aangedui dat ek effens vergrote limfkliere in my maag omgewing het, maar dit is nie kommerwekkend nie.

7. Is daare enige iemand in my familie wat outo immuun siekte het?: Snaaks, maar ja, my niggie het leukemie. Sy is 33 jaar oud, het nog nooit kinders gehad nie, het ook soos ek haar hele lank gesukkel met edometriose en sy het defnitief ''n ystertekort. Sy is verlede jaar gediagnoseer toe sy vir ''n ginekoloog roetine ondersoek gegaan het - hy het ''n volbloedtelling gedoen - die resultate was nie na wense nie, en twee dae na haar besoek het hy haar en haar familie laat kom om die nuus oor te dra van die leukemie. Haar leukemie is nou onder beheer - soos die onkoloog se " this is as best as we can get" . Sy is op die chemo pil. Sy het nie chemo gehad nie, en sy word nie oorweeg vir ''n beenmurg oorplanting nie. Haar ma en my ma is susters, en ons is die enigste twee vrouens van vyf kleinkinders. Ons twee se mediese geskiedenisse is amper spieelbeelde van mekaar (tot groot vermaak van die familie).

Ek gaan ''n afspraak maak en daarop aandring dat hulle ''n biopsie doen van die knop onder my arm, en dan ook aanvra dat hulle my toets vir ''n yster tekort.

Ek wil net weereens vir jou BAIE dankie se dat jy my terugantwoord.

Groete
Sunshine.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sunshine
Laat weet my van die uitslae van die biopsie van die klier/groeisel en ystertelling.

Iets wat nogal baie sulke simptome soos joune gee is Crohn se siekte (Sien http://digestive.niddk.nih.gov/ddiseases/pubs/crohns/) of Divertikulitis, maar jou dokter sou dit waarskynlik met die kolonoskopie gesien het (tensy dit in die dunderm is). As jy dalk 'n gastroenteroloog se evaluasie oorweeg, kan ek dr Robert Bond by Unitas aanbeveel.

Ek het ook gedink aan katkrapkoors, en gewonder of die bronchitis dalk iets in jou longe "weggesteek" het, maar as die long plaat daarna normaal was, is dit ook uitgeskakel.
Ek weet mens wil nie eers daaraan dink nie, maar het jy ooit bloedoortappings gehad of 'n risiko gehad om met HIV besmet te raak? Indien ja, doen sommer 'n HIV screening toets ook.
Terloops die wit stoelgang word veroorsaak as die lewer nie bilirubien kan afskei nie of as daar 'n steentjie in die galbuisie is. Dis algemeen met lewerprobleme.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Sunshime | 2010-05-28

Hallo Dr Bets

Ek glo dat hierdie die laaste mail sal wees totdat ek die chirurgie gehad het om die knoppe te toets. Ek het ''n afspraak gemaak en is geskeduleer om dit die 10de Junie in Unitas te laat doen.

Ek wil vir jou oneindig baie dankie se vir AL jou hulp en bystand. Jy het WERKLIK ''n verskil gemaak.

Net ''n paar gedagtes:

1. Chrons disease: Ek is al hiervoor getoets en dit was negatief gewees. Dieselfde met vir die Divertikulitis - ook negatief. My gastroeneroloog en lewerdokter is Dr Schalk van der Merwe (voorheen van Unitas - nou by Pta Oos). Ek sien hom al 5 jaar lank.

2. Het ek ooit ''n bloedoortapping gehad of ''n HIV " screening" . Ja ek het ''n bloedoortapping gehad in 1998 tydens my rugfusie operasie. Ek het in 2009 ook ''n HIV " screening"  gehad voor my troue (ons het saam besluit om dit te doen). Die toets was negatief.

Baie dankie vir die " heads up"  oor die wit stoelgang.

So - " here I go"  - ek gaan AL die bloedtoetse aanvra soos jy voorgestel het, die biopsie laat doen en dan het ek hopelik vir jou GOEIE nuus as ons weer kommunikeer.

Weereens, baie dankie - ek bedoel dit opreg.

Groete
Sunshine.

Reply to Sunshime
Posted by: Cyberdoc | 2010-05-27

Hallo Sunshine
Laat weet my van die uitslae van die biopsie van die klier/groeisel en ystertelling.

Iets wat nogal baie sulke simptome soos joune gee is Crohn se siekte (Sien http://digestive.niddk.nih.gov/ddiseases/pubs/crohns/) of Divertikulitis, maar jou dokter sou dit waarskynlik met die kolonoskopie gesien het (tensy dit in die dunderm is). As jy dalk 'n gastroenteroloog se evaluasie oorweeg, kan ek dr Robert Bond by Unitas aanbeveel.

Ek het ook gedink aan katkrapkoors, en gewonder of die bronchitis dalk iets in jou longe "weggesteek" het, maar as die long plaat daarna normaal was, is dit ook uitgeskakel.
Ek weet mens wil nie eers daaraan dink nie, maar het jy ooit bloedoortappings gehad of 'n risiko gehad om met HIV besmet te raak? Indien ja, doen sommer 'n HIV screening toets ook.
Terloops die wit stoelgang word veroorsaak as die lewer nie bilirubien kan afskei nie of as daar 'n steentjie in die galbuisie is. Dis algemeen met lewerprobleme.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement