advertisement
Question
Posted by: Sunshine | 2010-05-26

Antwoord en repliek op " posting 1652" : Geswelde limfkliere en ...

Hallo Dr Bets

Ek kan nie genoeg dankie se vir jou antwoord op my vraag nie (vraag nr 1652: Geswelde limfkliere en abnormale simptome).

Jy het in jou antwoord vir my die volgende vrae gevra:

1. Is die wit van my oe geel? Dit is ''n BAIE effense geel, maar niks noemenswaardig nie. Die laaste wat my Ureum vlakke getoets is, was op 12/04/2010 (ek was in die hospitaal met brongitus). Die vlak was 5.2 - wat normaal is.

2. Wanneer laas is my lewerfunksies getoets: Dit is getoets ook op 12/04/2010 - ook toe ek in die hospitaal was, want ek het kortisoon via ''n drip ontvant (wat nadelig vir NASH is). My telling was soos volg: ALT - 39 en AST - 35. Effens verhoog, maar dit het die Pulmonoloog nie vreeslik gepla nie. In opdrag van my lewerdokter word my lewerfunksies elke 3 maande getoets. Ek het ook Februarie hierdie jaar ''n lewer biopsie gehad - wat NASH bevestig het. Ek is 100% bewus dat NASH tot sirrose kan lei - daarom hou my lewerdokter my met ''n valkoog dop.

3. Verloor ek gewig: Ja - ek ek se dit met ''n oorweldige JA - meer as wat ek BEPLAN om te verloor. As gevolg van my NASH is ek gedwing om gewig te verloor om my lewer darem ''n kans op oorlewing te gee. Ek is nie op ''n streng dieet nie - en my naarheid is nie van so ''n aard dat ek NIE eet nie. Ek eet, en inteendeel voel dit soms vir my ek eet meer - maar ek verloor nog gewig. Ek het van die begin van Maart hierdie jaar al 6kg verloor - byvoorbeeld - my ma het ''n week terug van my langbroeke gevat om kleiner te maak - en toe sy verlede naweek dit bring, het ek gemiddeld 3cm verder gewig om my middel verloor en moes sy dit nog kleiner maak.

4. Is ek al vir TB getoets? Ja ek is - so resent soos Januarie 2010. Ek dink ek het al AL die toetse denkbaar gedoen.

Die bloedtoetse van my onlangse hospitaal verblyf het slegs die volgende " abnormaal"  gehad:
- Gamma-GT: 98
- RDW: 19.8
- Witbloedseltelling: 20.3
- Neutrofiele abs: 7.67
- C kreatiewe proteien: 19

Maar soos ek alreeds aangedui het, my Pulmonoloog het nie gedink dis kommerwekkend nis. (Jy kan dalk wonder hoe ek die tellings weet - wel, ek het my bloedresultate uit die leer van die hospitaal gevat om dit by die huis te " Google"  - uit wannhoop).

Wat ek ook opgemerk het die afgelope ruk is dat ek ''n lae koors laatmiddag ontwikkel - die eerste aanduiding daarvan sal wees wanneer my kollegas vir my sal vra of ek " ok"  voel, want my wange is bloedrooi. Die moegheid is egter wat my die meeste vang - ek kan myself nie vertrou om van Pretoria tot Johannesburg in die oggende te bestuur nie - ek raak doodeenvoudig aan die slaap. Dis ''n absolute abnormale moegheid wat ek GLAD nie in woorde kan beskryf nie. Ek is al vir slaapapnee getoets en dit het ook negatief uitgedraai.

Ek is net totaal radeloos om IEMAND op te spoor wat my in die oe sal kyk en my sal GLO as ek vertel dat hier iets fout is. Ek sal vra dat hulle die knoppe toets - miskien kry ek dan ''n antwoord.

BAIE BAIE dankie vir jou terugskryf - dit word baie meer waardeer as wat jy OOIT sal dink.

Groete
Sunshine.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sunshine
Ek is bekommerd oor jou - die gewigsverlies met laegraadse koors is 'n teken dat daar iets sistemies nie reg is nie. Partykeer moet mens maar die "legkaart" aanhou bou tot die prentjie duidelik word. Ek dink 'n biopsie van die knoppe (veral die golfbal grootte een) is in elk geval nodig al is dit net om mens gerus te stel.
Nog 'n paar vrae:
het jy katte?
Rook jy?
Het jy 'n long x/straal gehad?
Het jy enige maag simptome ( bloating, diarree, krampe, bloederigheid in die stoelgang)?
Het jy dalk 'n yster gebrek (is jou HB telling normaal?)
Na wat het hulle gekyk met die sonar - net jou lewer of ook jou bekken?
Is daar enige iemand in jou familie met 'n outo immune siekte soos rheumatoide artritis, of lupus of so iets?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Louise | 2013-09-18

Hallo Dr Bets Ek is bietjie bekommerd, Gister het ek ontrek dat ek velkleurige knoppe agter my ore het reg op die oor banke. Dit is seer as ek daaraan vat, ek kry oor kooks gepaard saam met dit en my handpalms sweet en voel geswel, my neck voel ook seer en swaar, Ek het nie eenige sigbare uitslag nie maar voel goor voel of my maag ook Elke nou en Dan Krampe gee, het gisteraand 'n uitslag op all twee my binne Enkels gehaad wat gejik het maar Jik nie nou meer nie en knoppies op die voete het ook verminder, maar my Kop voel swaar en ek voel skoon goor, het vir 'n duitse masels toets gegaan maar nog nie terugvoering Gekry nie? Wat anders kan dit wees? Het ook gesoek vir eenige byt plekke maar kon niks sien nie geen spesifieke seer plekke wat dalk kan aandui of dit bosluiskoors is nie, maar knoppe gaan nie weg nie en koors is ook betrokke?

Reply to Louise
Posted by: Monica swart | 2010-06-29

Goeie More Dr Bets,

Ek soek asseblief help. Ek het ''n vreeslike pyn op die lewer '' week terug gekry. Ek het gegaan vir ''n lewer bloed toets.

Gamma GT 126
ALT 76
AST 45
PROTEIN 78
ALBUMIN 42
GLOBULIN 36
BILIRUBIN 6
BILIRUBIN CONJUGATED 2
BILIRUBIN UNCONJUGATED 4
ALKALINE 99

Ek is glad nie ''n drinker nie oor ek insulin gebruik. en baie ander pille. Kan dit die pille wees of is dit iets anders.

Help my asseblief

Baie Dankie

Monica

Reply to Monica swart
Posted by: Cyberdoc | 2010-05-26

Hallo Sunshine
Ek is bekommerd oor jou - die gewigsverlies met laegraadse koors is 'n teken dat daar iets sistemies nie reg is nie. Partykeer moet mens maar die "legkaart" aanhou bou tot die prentjie duidelik word. Ek dink 'n biopsie van die knoppe (veral die golfbal grootte een) is in elk geval nodig al is dit net om mens gerus te stel.
Nog 'n paar vrae:
het jy katte?
Rook jy?
Het jy 'n long x/straal gehad?
Het jy enige maag simptome ( bloating, diarree, krampe, bloederigheid in die stoelgang)?
Het jy dalk 'n yster gebrek (is jou HB telling normaal?)
Na wat het hulle gekyk met die sonar - net jou lewer of ook jou bekken?
Is daar enige iemand in jou familie met 'n outo immune siekte soos rheumatoide artritis, of lupus of so iets?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement