advertisement
Question
Posted by: Willem | 2008/11/24

Antihistamine

Hallo Dr,

Ek gebruik ' n neussproei en antihistamine (omtrent so 5 pille een keer per maand of soos nodig) wat absoluut wonderlik werk vir my hooikoors en post nasal drip!!!
Ek het so ' n rukkie terug hier gevra of ek die antihistamine te veel gebruik, maar dok het gesê  die hoeveelhede wat ek gebruik is heel OK en veilig. Dok het net gesê  ek moet dalk so nou en dan wissel van " brand" , want jou liggaam raak een gewoond en dan werk dit nie meer so goed nie. Ek het onlangs Texa probeer, maar die het niks gehelp nie.
Ek vind dat Clarinese vir my die heel beste werk –  nou weet ek dat elkeen van die goed mos ‘ n aktiewe bestandeel of twee het, so ek wil graag weet watter ander antihistamine is daar wat in die “ Clarinese familie”  val maw wat dieselfde aktiewe bestandeel het? Of is dit juis wat mens moet vermy –  om elke keer dieselfde aktiewe bestandele gebruik?
Ek moet sê  dat vandat ek die neussproei en antihistamine gebruik het my lewe drasties verander. Ek kan weer ordentlik eet en slaap en ek oefen kliphard (en dis mountain biking wat baie stowwerig kan raak… ).
Groete en baie dankie,
Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
Ek vind ook mens raak so bietjie tolerant teen die antihistamiene - ek hou nogal daarvan om Zyrtec en Clarinese af te wissel. Texa is 'n generies en alhoewel meeste generiese middels goed werk is daar tog soms die wat net nie dieselfde effek het nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement