advertisement
Question
Posted by: Vettie | 2009/12/04

Antidepressante

Ek het oor die afgelope 3 jaar 30 kilo' s verloor - was by weigh less en dieetkundige.Die afgelope jaar sukkel ek geweldig om die verdere 20 kilo' s te verloor.Ek was die begin vd jaar op paxil 20mg,was nie meer by enige dieet plek nie - het nogesteeds goed my gewig behou, het so kilo ' n maand verloor.Augsutus maand het my dokter my dosis gaan verdubbel na ' n tragiese gebeurtenis in my familie wat ek nie mee kon " cope"  nie.Nou die afgelope paar maande het ek 5 kilo' s opgetel en ek kry dit eenvoudig nie af nie, kan dit die paxil wees wat my laat sukkel om verder gewig te verloor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Antidepressante
Eerstens het jy 'n medalje nodig omdat jy daardie 30 kg verloor het - jy is 'n ***ster***! Ek is jammer om te verneem van die tragedie in jou familie. Ek het Paxil in my kopie van MIMS nageslaan en daar word genoem dat hierdie antidepressante die aptyt mag onderdruk! Dus behoort dit nie gewigstoename te veroorsaak nie. Depressie as sulks kan wel erge effekte op gewig hê, óf uitgesproke gewigsverlies, óf gewigstoename (afhangende van die individuele pasiënt se reaksie). Moontlik affekteer jou depressie jou gewig. Die feit dat jy ook nie meer hulp en ondersteuning van Weigh-Less en die dieetkundige ontvang nie, mag ook 'n rede wees. Ek wil graag aanraai dat jy 'n kliniese sielkundige raadpleeg om jou te help om die tragedie te kan hanteer sodat jou depressie verbeter en dat jy weer óf by Weigh-Less, óf die dieetkundige gaan aanklop vir onderskraging. Ek weet nie of jy enige oefening doen nie? Indien nie, sal dit 'n uitstekende idee wees om te probeer om een of ander soort oefening soos stap of fietsry of touspring, elke dag te doen vir 30 min of langer. Oefening help nie net vir gewigsverlies nie, maar verlig jou bui en werk teen depressie.
Ek hoop jy kry dit reg om daardie laaste 20 kg te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Maritza | 2010/03/06

Hi ek wil net hoor ek is op warfarin en wil net hoor kan dit maak dat ek gewig optel, want ek sukkel vreeslik om gewig af te kom.

Groete
Maritza

Reply to Maritza
Posted by: DietDoc | 2009/12/05

Beste Antidepressante
Eerstens het jy 'n medalje nodig omdat jy daardie 30 kg verloor het - jy is 'n ***ster***! Ek is jammer om te verneem van die tragedie in jou familie. Ek het Paxil in my kopie van MIMS nageslaan en daar word genoem dat hierdie antidepressante die aptyt mag onderdruk! Dus behoort dit nie gewigstoename te veroorsaak nie. Depressie as sulks kan wel erge effekte op gewig hê, óf uitgesproke gewigsverlies, óf gewigstoename (afhangende van die individuele pasiënt se reaksie). Moontlik affekteer jou depressie jou gewig. Die feit dat jy ook nie meer hulp en ondersteuning van Weigh-Less en die dieetkundige ontvang nie, mag ook 'n rede wees. Ek wil graag aanraai dat jy 'n kliniese sielkundige raadpleeg om jou te help om die tragedie te kan hanteer sodat jou depressie verbeter en dat jy weer óf by Weigh-Less, óf die dieetkundige gaan aanklop vir onderskraging. Ek weet nie of jy enige oefening doen nie? Indien nie, sal dit 'n uitstekende idee wees om te probeer om een of ander soort oefening soos stap of fietsry of touspring, elke dag te doen vir 30 min of langer. Oefening help nie net vir gewigsverlies nie, maar verlig jou bui en werk teen depressie.
Ek hoop jy kry dit reg om daardie laaste 20 kg te verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.