advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2010/07/13

Antibiotika en blaaspyn

Hallo dok

Ek is ''n 33 jarige man wat verlede jaar gediagnoseer was met interstisiele sistitis. (was by twee uroloee voor dit en hulle se dit is nie bakteriele prostatitis).

Anyway, ek was tandarts toe vir ''n klein abses onder een van my tande en dit was reggemaak. Die tandarts het vir my 5 dae se amoxil gegee (500mg 3xper dag) pyn in die tand was beter maar nog nie weg nie. toe gee hy my vir nog vyf dae.

my blaas pyn en brand nou so erg dat ek vir ''n paar dae lank amper niks kan slaap nie en dit voel soos ''n infeksie. ek was by ons ongevalle by die medi-clinic en hulle se daar is geen infeksie nie, net ''n spoor bloed, maar niks besonders nie. die dokter daar het vir my een kapsule diflucan 150mg gegee en dit was so 5 dae terug. kan nie juis se ek voel beter nie.

ek sien nou more my uroloog wat my diagnose gedoen het vir die sistietis.

Enige voorstelle wat ek kan doen vir die brand en pyn? Ek neem citro-soda en dit help. Ek is alreeds op trepeline 50mg en rivotril 0.5mg in die aand en bloeddrukmedikasie. ek neem nou twee rivotrils in die aand net om te slaap en nie konstant toilet toe te gaan nie. Ek kry ook nou paniekaanvalle oor die storie agv die pyn en het ativan 1mg maar het dit nog nie gebruik nie, want ek het mos nou klaar rivotril wat ek neem. ek het ook lp299v en inteflora begin gebruik.

ek is so moedeloos dok. ek is nog so jonk en dit het my sosiale en romatiese lewe vernietig. ek voel so alleen en dit affekteer my werk en niemand verstaan nie. mense kyk my net so aan en dink diis seker net ''n blaasinfeksie en verwag ek moet oor tweee of drie dae beter wees. ek vermoed dit is ''n flare up van die interstisiele sistietis, hopenlik sal die dokter dit more kan bevestig. ek wil net nie weer op antibiotika gaan nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Eugene
Kyk bietjie of jy Cystemme in die hande kan kry -dis 'n kruie medikasie, maar mag dalk help. Ek stem saam dat jy nie die Ativan moet neem as jy reeds Rivotril neem nie. Probeer ook hitte op jou blaas area ( warmwater sak of boontjie sakkie)Laat weet my wat se die uroloog?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anon | 2010/07/14

Probeer om n Cranberry capsule te kry soos Natrodale Cranberry - Cranberry help teen blaasinfeksie. Baie mense vat dit - dit is veilig &  help nogals baie goed!

Reply to Anon
Posted by: Cyberdoc | 2010/07/13

Hallo Eugene
Kyk bietjie of jy Cystemme in die hande kan kry -dis 'n kruie medikasie, maar mag dalk help. Ek stem saam dat jy nie die Ativan moet neem as jy reeds Rivotril neem nie. Probeer ook hitte op jou blaas area ( warmwater sak of boontjie sakkie)Laat weet my wat se die uroloog?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement