advertisement
Question
Posted by: KM | 2010/07/27

anti-inflammatoriese pille

Dokter
Ek het ''n onder aktiewe skildklier en ek het Coxflam 15 mg by die dokter( vir inflammasie na ''n opreasie) gekry. Ek het oor enige nadele vir my sklidklier gevra maar die dokter sê  daars niks. Maar nou het my vriendin gesê  syt gelees in in artikel dat mense met skildklier probleme weg moet bly van anti inflammatoriese pille. Is dit waar? en wat kan ek dan gebruik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo KM
Non steroid anti-inflammatoriese middels soos Coxflam kan bind met sekere draer proteine in die bloed en dan abnormale tiroied funksie toets lesings veroorsaak - dit boelie die tiroied hormoon wat moet bind met die draer proteien daarvan af! Maar as mens dit net vir 'n week of 10 dae drink sal dit nie jou skildklier so erg beinvloed dat jy simptome sal kry nie. Ek dink chroniese gebruik is dalk nie 'n goeie idee as mens onderaktiewe skildklier het nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Denice de wet | 2016/01/07

I also have 8 nodules ranging from 2.5 to 3 centimeters I am constantly tired and irritable and have pains all over my body I also have osteoporosis and two trigger fingers I went for the blood test and T4 8.8 7.2 - 16.4 pmo1/1 T3 5.3 - 3.8 - 6.0 pmo1/L TSH 0.47 - 0.37 - 3.50 MIU/L I have no idea what this means as it stated below Die tiroidfunksie reultate pas in met EUTIROIDISME vir pasiente op ELTROXIN (T4) is die Rx waarskynlik voldoende - ek is op geen medikasie nie, was onlangs op baie anti flamatoriese medikasie vir my nek en skouer pyne. Kan iemand my help en antwoord aangesien ek die spesialis geskakel het en sy ontvangsdame my meegdeel het dat daar niks fout is met die bloedtoetse nie en dokter sal net die pasient skakel indien dit nodig is. Baie dnakie

Reply to Denice de wet
Posted by: Franda Bonthuys | 2010/10/04

Ek het 2 weke terug ontdek dat ek `n vergrote skildklier het. Sonar wys dan ook `n vergroting op regter kant van 4.7 cm en paar kleiners op linkerkant. My bloedtoetse wys normale skildklier? T4 is 11.2, T3 is 4.8, S-T9H Iis 2.25. Op my patalogiese verslag sê  dit EUTIROIDISME. Was vandag by die chirurg en hy wil die hele skildklier verwyder. Blykbaar sal medikasie nie help nie. Na die operasie ( as ek die moed het om dit te laat doen,want dit klink maar na `n risiko) sal ek eltroxin lewenslank moet gebruik. Hoekom vergroot skildklier en is dit die gewenste ding om dit te laat uithaal. Ek het die afgelope 2 - 3 jaar gewig op getel en is 16kg oorgewig, is altyd moeg, brein baie minder skerp, vergeet maklik, buierig, depresief, naels bros, vel droog. oë  droog. Dit voel vir my hul wil net sommer opereer. Gee raad asseblief

Reply to Franda Bonthuys
Posted by: Nelie Hartley | 2010/09/06

wat beteken non-homogeen met areas van leaedigtheid verspreid deur beide tiroiedlobbe teenwoordig

Reply to Nelie Hartley
Posted by: Cyberdoc | 2010/07/27

Hallo KM
Non steroid anti-inflammatoriese middels soos Coxflam kan bind met sekere draer proteine in die bloed en dan abnormale tiroied funksie toets lesings veroorsaak - dit boelie die tiroied hormoon wat moet bind met die draer proteien daarvan af! Maar as mens dit net vir 'n week of 10 dae drink sal dit nie jou skildklier so erg beinvloed dat jy simptome sal kry nie. Ek dink chroniese gebruik is dalk nie 'n goeie idee as mens onderaktiewe skildklier het nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement