advertisement
Question
Posted by: Marlize | 2009-06-21

ANTI DEPRESSANTE

Ons dogter is in 1990 gebore en het ek erg Post Partum blues gehad (1 jaar lank). Ek is verwys na ' n Sielkundige wat met die probleem kon help. Medikasie is voorgeskryf, maar met die jare het dit verander en drink ek tans Adco paroxitine (spelling??).

Ek het Vrydag 12 Junie 2009 my laaste pil van die pakkie gedrink. Ek het Saterdag oggend vroeg na my ma gegaan vir die lang naweek en het eintlik eers daar besef dat ek nie my medikasie saamgeneem het nie. Ek was basies die hele naweek daarsonder. Ek het die Maandagaand begin grieperig raak en Dinsdagoggend toe ons terugkeer huistoe, was ek lekker siek - griep in sy ergste graad.

Ek drink die volgende pille:Inositol 1 3x pd  Gaba 1 3x pd 
Panax Ginseng 1 pd  Passiflora 1 3x pd
Ek voel aaklik, is naar, hoofpyn met rukke, kop wat voel of daar ' n lugleegte in is.
Het ek dalk ' n te ' n drastiese stap geneem? Moes ek nie maar stadiger van die medikasie afgegaan het nie?

Kan jy help asseblief? Ek is desperaat, moet werk en sien nie kans om te gaan werk as ek so aaklig voel nie.

Baie dankie

Marlize

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marlize

Ek stel voor dat jy jou dokter konsulteer, sodat hy/sy jou stadig van die medikasie kan speen. Die simptome is moontlik as gevolg van griep en word vererger deur die feit dat jy die medikasie dadelik gestaak het. Dit is baie belangrik dat hierdie medikasie geleidelik gestop word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement