advertisement
Question
Posted by: | 2013/07/01

angstigheid, depressie en paniek aanvalle

ek het vanaf Februarie maand die vreeslikste hartkloppings gekry, naarheid, konstante duiseligheid (dis so snaakse gevoel in my kop wat ek nie regtig kan beskryf nie), bewerasies, warm gloede, ens. Was vir 'n vol bloed telling en breingolwe en alles wys normaal. (behalwe die breingolwe wys alles spanning). Ek is nou vir omtrent 'n maand op anti depressante (Serdep), wat ek in die oggende moet drink en epitec wat ek in die aand moet drink, maar ek het konstant bedags hierdie snaakse duiselige gevoel in my kop, verstaan nie wat dit is nie. het u dalk raad of advies asb, ek is nou al moeg om so te voel, of is dit maar alles deel van die angstigheid en paniekaanvalle. Ek skrik soms in die nag wakker dan voel dit of my kop so draai gee en dan begin ek heel angstig voel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement