advertisement
Question
Posted by: Lala | 2009-06-29

Angstigheid 10 jarige

Hi Dok

My dogter ervaar (ek vermoed) angstigheid oor die dood van ' n vriend se ma. Ons het nog verlede naweek -|- ak met die tannie gehad en sy is Vrydag by die huis oorlede agv kanker. My dogter het Saterdag nag 3uur my kom wakker maak om by my en my man te slaap en gisteraand het ek bed gemaak lang ons bed want sy wou weer nie alleen slaap nie.. Ek het aan haar genoem dat dit nie elke aand kan gebeur nie. Sy het eers ontken dat sy bang is vir iets. Volgens haar bewe sy en moet sy regop sit omdat sy nie kan behoorlik asem kry nie.
Ek het vanoggend weer gevra of sy bang is vir iets, en gevra of dit te doen het met die tannie se dood toe sê  sy ja. Sy dink die heeltyd aan die tannie. Wat kan ons as ouers doen om haar te help sodat sy die situasie beter kan hanteer. Sodra ek gaan toelaat dat sy elke aand by ons slaap weet ek die probleem gaan net groter raak.

Ek sal waardeer as Dr Bets my kan raad gee hoe om haar te help. Baie dankie byvoorbaat.

Lala

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Dit is baie keer die besef dat mense nie onsterflik is nie, wat hulle angstig maak want dan besef hulle skielik dat hulle ma en pa dalk ook iets kan oorkom. Praat met haar oor wat gebeur het en gee haar geleendheid om vrae te vra. Sy het waarskynlik nou baie versekering nodig dat daar altyd iemand sal wees wat na haar sal omsien.

Sien http://www.journeyofhearts.org/grief/kids_death.html
http://www.rcpsych.ac.uk/mentalhealthinfoforall/mentalhealthandgrowingup/15deathinthefamily.aspx

Indien jy dink dat sy steeds sukkel om dit te verwerk sal dit help om 'n kindersielkundige te gaan sien.
Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement