advertisement
Question
Posted by: Estelle | 2012/08/15

Angsaanvalle en menstruasie

Hallo Dokter

Ek is al raad op, ek het ''n dogter sy is 19jaar oud. Sy kry angsaanvalle vir die afgelope 4 jaar daar is al gese dit is eppilepsie maar daar kan geen afwykende brein golwe opgetel word nie. Sy was op Epitec maar ons het dit so 2 maande terug gelos. Kan angsaanvalle gekombineer word met menstruasie want sy kry dit altyd in die begin van haar menstruasie siklus, as sy aanval kry is sy heeltemal uit sy reageer op niks, en sy kry spiersaamstrekkings. Met menstruasie pyn haar maag, sy is tans op Ginette voorbehoed pil kan dit enige uitwerking he??? Die aanvalle is nie met elke mentstuasie nie. Vorige een was 3 maande terug. Sy was so ''n tyd terug in die Hospitaal met so ''n aanval, toe na ''n skandeering kom hulle agter ''n sist op haar eierstok het gebars. Sy was nog nooit by ''n ginekoloog nie. Kan u my asb help

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Estelle

Ek stel voor dat jy 'n internis konsulteer, sodat al haar simptome ondersoek kan word. Dit is moontlik dat daar wel 'n verband is tussen al haar simptome, maar die internis sal elke simptoom moet ondersoek en aanspreek. Dit sal ook van waarde wees om 'n psigiater te konsulteer om vas te stel of sy aan 'n angs steuring lei. Angs steurings kan suksesvol met medikasie behandel word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement