advertisement
Question
Posted by: tanya | 2011/04/12

Analisering

Ek het die naweek ''n skaal gekry waar hulle jou vet-inhoud, water-inhoud, spier massa en been massa meet sowel as jou gewig.
Ek wil graag weet waar ek inligting kan kry oor hoe om hierdie goed te meet.
Dit help veel ek het hierdie nice skaal, maar ek weet nie wat hierdie goed veronderstel is om te wees nie.
Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tanya
Ek vermoed dat die skaal wat jy bekom het, eintlik bedoel is vir gebruik deur mediese personeel of dieetkundiges. Het dit nie dalk 'n handboek nie? As dit wel 'n handboek het dan kan jy ten minste naslaan hoe om wat te bepaal. Elkeen van die metings is deel van jou liggaam se komposisie- volwasse vrouens wat nie top atlete is nie, het gewoonlik 'n liggaamsvetpersentasie van 24%, die liggaam se water inhoud wissel namate jy sweet of as jy aan waterretensie ly, die spiermassa verteenwoordig die maer deel van jou liggaam (as jy baie oefen sal mens verwag dat jou spiermassa sal toeneem) en die gewig is soos met alle gewone skale 'n aanduiding van jou liggaamsgewig wat sal afneem as jy jou energie-inname inkort. Indien jy die skaal by 'n winkel of apteek gekoop het, sal ek voorstel dat jy die personeel vra om vir jou 'n demonstrasie te gee van die gebruik daarvan en hoe om jou resultate te interpreteer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/04/12

Beste Tanya
Ek vermoed dat die skaal wat jy bekom het, eintlik bedoel is vir gebruik deur mediese personeel of dieetkundiges. Het dit nie dalk 'n handboek nie? As dit wel 'n handboek het dan kan jy ten minste naslaan hoe om wat te bepaal. Elkeen van die metings is deel van jou liggaam se komposisie- volwasse vrouens wat nie top atlete is nie, het gewoonlik 'n liggaamsvetpersentasie van 24%, die liggaam se water inhoud wissel namate jy sweet of as jy aan waterretensie ly, die spiermassa verteenwoordig die maer deel van jou liggaam (as jy baie oefen sal mens verwag dat jou spiermassa sal toeneem) en die gewig is soos met alle gewone skale 'n aanduiding van jou liggaamsgewig wat sal afneem as jy jou energie-inname inkort. Indien jy die skaal by 'n winkel of apteek gekoop het, sal ek voorstel dat jy die personeel vra om vir jou 'n demonstrasie te gee van die gebruik daarvan en hoe om jou resultate te interpreteer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.