advertisement
Question
Posted by: Stefan | 2010/01/11

Anale vratte

Dagse Dr,

Ek is ' n 23 jarige blanke man. Ek het so ' n maand terug ' n vorm van ' n vrat (anal wart) ontwikkel rondom my anus. Dit was slegs 1, so 1.5cm lank en 0.5cm breed. Ek het gedog dit gaan weggaan. Later het daar nog kleintjies ontwikkel. Dit is als uitwendig, maar baie naby aan die eksterne sfinkter. Ek het nagevors en gelees dis ' v vorm van ' n STD veroorsaak deur ' n virus agv anale seks. Die ding is dat ek in maande glad nie enigsins seksuele omgang gehad het nie en ek is ook nie seksueel aktief nie. Dus weet ek nie hoe ek dit kon opdoen nie. Is daar ander maniere om hierdie (HP-virus??) op te tel, anders as seksueel.

Dan wil ek net weet wat ek te doen staan om dit te behandel. Die ding is ek kan net glad nie die moed bymekaarmaak om ' n dokter te gaan sien nie- dit is so ' n groot skande en ek weet ek gaan nie by ' n dokter uitkom nie.

Gee asb raad.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Stefan
Dit word deur 'n virus veroorsaak en kan van jou vingers oorgedra word na die anus. Gaan sien 'n dokter want die vinnigste manier om daarvan ontslae te raak is om dit af te vries of te kouter onder lokale verdowing. Dit kan versprei, so mens moet dit eerder so gou moontlik verwyder. Dokters sien dit nie as 'n "skande" nie - vir ons is dit net 'n infeksie wat behandel moet word voor dit erger word en versprei. En dis BAIE algemeen.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/06/10

Ek het dieselfde probleem was by die doktor gewees en hy het vir my n klein 5ml potjie goed gegee om aan te smeer.die naam is adolphan nie seker oor die spelling nie ek moet dit 2 keer n week aan smeer.dit brand verskriklik ek kan skaars sit so seer is dit en ek kry ook nie geslaap nie en die goed wil eenvoudig net nie weg gaan nie.ek soek raad asseblief!

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/05/03

Ek ht nog nooit anale seks gehad in my lewe ni. Ek het do vratte rondom my anus gekry. Dokters,se eerste aanmerking is,DAT by seksuele oordraagbare virus opgedoen het. Hoe meet jy DT noem DAT dit onmoontlik is,hoe meer kyk hulle jou net aan. Myne was afgebrand,maar het net weer terrug gekom. Wat nou?

Reply to Anonymous
Posted by: Avril | 2014/04/10

Ek het ook n vrat bokant my anis en kleintjies rondom wat is dit ek het anal seks ge het met n persoon

Reply to Avril
Posted by: cyberdoc | 2010/01/12

Hallo Stefan
Dit word deur 'n virus veroorsaak en kan van jou vingers oorgedra word na die anus. Gaan sien 'n dokter want die vinnigste manier om daarvan ontslae te raak is om dit af te vries of te kouter onder lokale verdowing. Dit kan versprei, so mens moet dit eerder so gou moontlik verwyder. Dokters sien dit nie as 'n "skande" nie - vir ons is dit net 'n infeksie wat behandel moet word voor dit erger word en versprei. En dis BAIE algemeen.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement