advertisement
Question
Posted by: Buzz | 2010-04-28

Anale gejeuk

Dr, ek sit met die allerverskriklikste penarie nou al vir amper 2 maande. Dit voel asof ek van my kop gaan afraak van ''n anale gejeuk wat my teen die mure uitdryf - dit is so erg dat ek nie eens ordentlik geslaap kry in die nag nie! Ek het omtrent al die helfte van die apteek gekoop en was ook al by ''n dokter en verpleegsuster by die kliniek. Die area (vel rondom my anus) jeuk baie erg en aanhoudend en wanneer ek dan vryf brand dit. Ek kan glad nie eers daaraan dink om sonder ''n salf aan te loop nie. Dit jeuk so dat ek die vel stukkend vryf - en dan brand dit eers! Ek werk regtig baie higienies. Wanneer ek stoelgang gehad het, vee ek af met toiletpapier en dan wet wipes (antibakteriese tipe) - dit doen ek al vir baie jare, want ek wil nie, nie skoon wees nie. Niks wat ek gebruik help nie en dit voel somtyds of daar iets kriewel onder die veloppervlak. Dit is nie ''n fisuur of aambeie wat die probleem veroorsaak nie, daarvan is ek seker. Ek het al antibiotika en penisilin ook gebruik en ook ontwurm. Ek drink daagliks probiotika en eet genoeg joghurt. Al wat ''n anti-fungus, swamdodende, vaginale infeksie, aambeie, brandboudjies salf, antibioties, kortisoon salwe en wat nog, het ek al gebruik, sonder enige sukses. Dr kan u dalk sê  wat die probleem kan wees en wat ek nog daaraan kan probeer doen? Ek gaan mal word van die jeuk en brand!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Buzz
Ek dink jy moet 'n dermatoloog gaan sien so gou moontlik. Ongelukkig kan al die goed wat jy probeer het, die probleem vererger en die vel al hoe meer irriteer. Ek stel voor dat jy NET was met aqeous cream - gebruik dit soos 'n vloeibare seep op die area, spoel af en druk droog met 'n sagte handdoek. Probeer om nie toiletpapier te gebruik nie, maar eerder met 'n handstort daar te spoel na jy die toilet gebruik het. Smeer sinksalf op om klam te hou ( Fissan paste). Kyk ook na jou dieet - vermy koffie, tee, suur goed soos lemoensap, enige speserye, tamatiesous, asyn etc. Inteendeel - ek stel voor dat jy 'n detox dieet van net groente, sagte vrugte, growwe koolhidrate soos bruinrys, bruinbrood, en laevet proteiene soos hoender en vis volg vir 'n week. Drink baie water (8 glase per dag)
Lees ook http://dermnetnz.org/site-age-specific/pruritus-ani.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Dr.right | 2015-06-19

Ek sal verkies as j jou gat reg was sa j nie sukle kak oor kom nie

Reply to Dr.right
Posted by: cyberdoc | 2010-04-28

Hallo Buzz
Ek dink jy moet 'n dermatoloog gaan sien so gou moontlik. Ongelukkig kan al die goed wat jy probeer het, die probleem vererger en die vel al hoe meer irriteer. Ek stel voor dat jy NET was met aqeous cream - gebruik dit soos 'n vloeibare seep op die area, spoel af en druk droog met 'n sagte handdoek. Probeer om nie toiletpapier te gebruik nie, maar eerder met 'n handstort daar te spoel na jy die toilet gebruik het. Smeer sinksalf op om klam te hou ( Fissan paste). Kyk ook na jou dieet - vermy koffie, tee, suur goed soos lemoensap, enige speserye, tamatiesous, asyn etc. Inteendeel - ek stel voor dat jy 'n detox dieet van net groente, sagte vrugte, growwe koolhidrate soos bruinrys, bruinbrood, en laevet proteiene soos hoender en vis volg vir 'n week. Drink baie water (8 glase per dag)
Lees ook http://dermnetnz.org/site-age-specific/pruritus-ani.html
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement