advertisement
Question
Posted by: B Complex | 2008/10/17

Aminolic vs Xenical

Hi Dok

Hoe effektief is Aminolic in vergelyking met Xenical. Aminolic is beskikbaar op die rakke. Omdat ek reeds in my 40s is en nie meer so aktief nie, neem dit my langer om gewig te verloor. Dink jy Aminolic is nodig?

VOORBEELD:
Ek is tans op ' n geen vet, geen koolhidrate dieet (maks 5 provitas per dag). Dus, ek eet net vrugte (waarvan 1 ' n appel moet wees) en lae kilojoule groente. Vleis is niks meer as 100g en moet ook vetvry en gerooster wees. Byv :

Soggens - Bulgariese joghurt
Koffie/Tee: Swart sonder suiker

10:00 - ' n Vrug

Middagete: 100g vleis/hoender/vis + 100g slaai (sonder sous)

15:00 - vrug

Aandete: 100g vleis/hoender/vis + 100 g groente

30+ min stap

Peuselhappie - Vrug

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste B Complex
Hierdie dieet is weer 'n variasie van die Atkins dieet m.a.w. hoë proteïen want jy eet alreeds meer as 200g vleis/vis en jogurt (almal proteïenkosse). Ek sal graag wil sien dat jy wel daardie Provitas eet en miskien nog 'n porsie hoë-vesel, lae-GI stysel soos patats of stampkoring, andersins gaan jy baie hardlywig word. Jy behoort ook nog ten minste 1 koppie vet-vrye melk in te neem om saam met die jogurt te sorg vir jou kalsiuminname (1200 mg/dag vir volwasse vrouens word aanbeveel). Xenical sal moontlik help om opname van vet in kosse soos die vleis en vis en Bulgariese jogurt (as dit nie vetvry is nie) uit te skei, maar as jy daarsonder kan regkom sal dit ook goed wees. Doen gerus elke dag oefening en stap vinniger en verder soos jy gewig verloor en fikser word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement