advertisement
Question
Posted by: Zureena Groenewald | 2011/07/02

amino acids

Goeie dag

Wat doen amino acids vir jou in jou dieet. En kan jy dit as n'' aanvulling neem en wat sal die gevolg van so aanvulling op jou gesondheid wees
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Zureena
Aminosure is die boustene van proteïene. Dus elke keer as jy vleis, vis, pluimvee, eiers, melk, jogurt, kaas en peulgroente (droë, gaar of geblikte bone, erte, lensies of soja) eet, sal jy groot hoeveelhede daarvan inneem. Dit is dus nie nodig om aminosuuraanvullings te neem nie, tensy jy al bogenoemde kosse vermy? Aminosure word dikwels by sportaanvullings gevoeg, maar dit is nog nie 'n uitgemaakte saak of die inname daarvan wel bydra tot sportprestasie of spierontwikkeling, mits die persoon wel ongeveer 100 g proteïene afkomstig van bogenoemde kosse per dag inneem nie. Algemeen gesproke eet Suid-Afrikaners so baie proteïene dat hulle beslis nie nog aminosuuraanvullings nodig het nie. Dit is altyd beter om voedingstowwe, soos aminosure, van natuurlike kosse te bekom, aangesien daar al in die verlede probleme ontstaan het met sulke aanvullings omdat die aminosuur nie suiwer was nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/07/03

Beste Zureena
Aminosure is die boustene van proteïene. Dus elke keer as jy vleis, vis, pluimvee, eiers, melk, jogurt, kaas en peulgroente (droë, gaar of geblikte bone, erte, lensies of soja) eet, sal jy groot hoeveelhede daarvan inneem. Dit is dus nie nodig om aminosuuraanvullings te neem nie, tensy jy al bogenoemde kosse vermy? Aminosure word dikwels by sportaanvullings gevoeg, maar dit is nog nie 'n uitgemaakte saak of die inname daarvan wel bydra tot sportprestasie of spierontwikkeling, mits die persoon wel ongeveer 100 g proteïene afkomstig van bogenoemde kosse per dag inneem nie. Algemeen gesproke eet Suid-Afrikaners so baie proteïene dat hulle beslis nie nog aminosuuraanvullings nodig het nie. Dit is altyd beter om voedingstowwe, soos aminosure, van natuurlike kosse te bekom, aangesien daar al in die verlede probleme ontstaan het met sulke aanvullings omdat die aminosuur nie suiwer was nie.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.