advertisement
Question
Posted by: Lala | 2009/08/24

Alzheimers

Hi Dr

My skoonpa 78 het gevorderde Alzheimers en ons gaan hom nou laat opneem in Aftree-oord se siekeboeg omdat dit baie moeilik is vir my skoonma om verder na hom te kyk. Dit voel vir haar of sy hom gaan weggooi maar ons het mooi met haar gepraat en verduidelik dat dit vir haar eie behoud is. Hy het laas Sondag (8dae) laas stoelgang gehad. Ons vrees die groot storm wat aan die kom is! Ek wil net graag weet waar gaar sy liggaam al die kos op? Hy kla oor niks maar ek dink tog iewers moet daar ongemak wees. Probleem is ons kan nie iets gee want as hy diaree moet kry sal dit ' n groot gemors afgee.

Groete

Lala

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Die derm kan heelwat stoelgang opgaar - probeer vir hom Lactulose 15 ml saans gee om die maag sagkens aan die werk te kry. Vra die suster by die siekeboeg om te probeer om vir hom 'n Gliserien setpilletjie in te sit om die derm te stimuleer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement