advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/10/17

Alweer ek - On a new quest

Hallo dokter

As hierdie webblad ''n VIP membership uitgedeel het, was ek beslis die 1ste ene wat dit ontvang...

My nuwe uitdaging... CURVES! Weet dokter dalk hoe dit werk en hoeveel dit kos? EK het op hulle website gaan kyk. Ek verstaan daar''s 30 minute se oefening , MET PROFESSIONELE PERSONNEEL BY, wat ek nodig het (weens die ongemotiveerdheid) , maar ek wil graag weet het hulle ''n dieë etplan?

2 vlieë  met een klap ek hoop.

Dankie vir al die goeie advies oor die jare. Ek is verslaaf aan hierdie website... en eet... :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Jy is beslis een van my gunsteling Leserinne en ek voel gevlei dat jy 'verslaaf' is aan hierdie Webwerf. Ek het al van Curves gehoor, maar nog nie baie detail verneem nie. Soos jy sê, is dit 'n oefenprogram spesiaal vir dames. Ek het ook verneem dat dit 30 min per sessie behels en dat hulle opgeleide personeel het. Ek het egter nog nie gehoor dat hulle diëte voorskryf nie. Onthou tog asb dat verslankingsdiëte wat nie deur 'n geregistreerde dieetkundige vir jou persoonlik voorgeskryf word, nie die moeite werd is nie! Ek weet ongelukkig nie hoeveel Curves per maand of per kursus kos nie. Indien daar 'n tak naby jou is, skakel hulle gerus om uit te vind hoeveel hulle vra. Aangesien jy motivering nodig het, sal so 'n program 'n goeie idee wees, maar kry tog asb jou dieet by 'n dieetkundige.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annemarie | 2011/10/17

Hi Helena

Ek sien jy se jy is VIP, maar hoekom gesels jy nie met ons klomp op die Weight loss chat forum nie??????
Sal lekker wees as jy kan opklim. Click hierbo aan weight loss chat forum.

Reply to Annemarie
Posted by: DietDoc | 2011/10/17

Beste Helena
Jy is beslis een van my gunsteling Leserinne en ek voel gevlei dat jy 'verslaaf' is aan hierdie Webwerf. Ek het al van Curves gehoor, maar nog nie baie detail verneem nie. Soos jy sê, is dit 'n oefenprogram spesiaal vir dames. Ek het ook verneem dat dit 30 min per sessie behels en dat hulle opgeleide personeel het. Ek het egter nog nie gehoor dat hulle diëte voorskryf nie. Onthou tog asb dat verslankingsdiëte wat nie deur 'n geregistreerde dieetkundige vir jou persoonlik voorgeskryf word, nie die moeite werd is nie! Ek weet ongelukkig nie hoeveel Curves per maand of per kursus kos nie. Indien daar 'n tak naby jou is, skakel hulle gerus om uit te vind hoeveel hulle vra. Aangesien jy motivering nodig het, sal so 'n program 'n goeie idee wees, maar kry tog asb jou dieet by 'n dieetkundige.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement