advertisement
Question
Posted by: Cee | 2008-12-08

Alweer ek

Hi Dokter Bets,

Ek is jammer om alweer so lastig te wees. Dit voel asof die brand gevoel baie verbeter het, maar oral op die buitenste vel is nog steeds pins en needles. Ek het gaan oplees op die internet en afgekom op iets genaamd Paresthesia. Kan dit dalk die probleem wees? Wat dink dok?

Iemand het ook die naweek vir my gese dat ek my bloed moet laat toets vir Candida omdat papsmere dit nie altyd kan optel nie. Is dit waar?

Ek kan nie my dokter nou gaan sien nie want ek begin more mos menstrueer. Ek wag maar tot dan om te sien of die situasie verbeter of vererger.

Dankie dok.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cee
Paresthesia is maar net 'n beskrywing van die brandgevoel en nie 'n siekte in sigself nie. Dit kan veroorsaak word deur baie goed, onder andere diabetes, medisyne, senuwee siektes en vitamien tekorte.
Candida is 'n kommensale organisme wat beteken dat alle mense candida dra in hulle derms - dit is net sleg vir jou as dit oorgroei en infeksies veroorsaak. Daar is 'n geloof dat candida vir allerhande simptome verantwoordelik is maar dit is nie wetenskaplik bewys nie. Jy sal nie 'n papsmeer nou nodig he as jy nie nou jeuk en brand simptome van die vagina het nie, so jy kan maar jou dokter sien dink ek?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement