advertisement
Question
Posted by: Anon | 2009/08/17

ALWEER!

Middag dokter, ai tog ek sit alweer met dieselfde probleem!!
Hoop my verkorte storie maak sin:

Ek het 8jaar terug in graad 9 Minerwa (?) begin drink omdat ek onreelmatig menstrueer het, ek het aangehou daarmee tot middel laasjaar, toe ek begin deurbrake (ek dink dis wat jy dit noem, om te begin menstrueer in die middel van ' n " maand"  en jy is op die pil. Toe se my ginokoloog ek moet ophou en kyk of ek nie self kan normaliseer nie, ek het lekker maklik en baie gewig verloor in daardie tyd:) Toe ontwikkel ek depressie einde laasjaar, a.g.v. eksamenstres, of so het my dokter gese.... en begin toe 40mg nuzak drink. Maart 2009 ondek ons ekt ' n onderaktiewe skildklier en drink 0.2.mg eltroxin daarvoor, al my simptome is weg behalwe dat ek nog sukkel met gewigsverlies en ang/depressie, ek is toe ook op Mercilon (+ provera vir die eerste maand) gesit en verander toe na Lexamil 10mg, wat wonderlik is! Maar nou begin ek weer met my deurbrake na 5maande, hoekom en wat kan ek doen? Wat is die simptome van insulienweerstandigheid, want ek het dit getoets saam met die skildklier en daar was geen fout gevind nie, maar ek wonder net......

baie dankie vir u tyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
Baie keer word die deurbrake veroorsaak omdat die esterogeen dosis van die pill effe te laag is, of omdat jy die pil nie op dieselfde tyd elke dag drink nie, of omdat die opname beinvloed word deur bv rook of middels wat die pil se verwerking deur die lewer verander. Dit help soms om 'n pil te neem wat effens hoër esterogeenvlakke het, of ekstra esterogeen aanvulling in die eerste helfte van die siklus. Insulien weerstandigheid kan mens toets deur te kyk na jou vastende insulien vlakke en vastende suikervlakke.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: MARLENE BOTHA | 2009/11/11

My skildklier is verwyder weens nie-kwaadaardige gewasse. Ek gebruik tans Eltroxin. My suster gebruik ook Eltroxin en sy was by ' n dokter wat haar gesondheid toets volgens haar bloed. Hy se met die kruie medisyne wat hy vir haar gee, kan sy oor 3 maande ophou om Eltroxin te gebruik. Kan jy sonder Eltroxin gaan indien jy geen skildklier het, of soos in haar geval waar die helfte verwyder is

Reply to MARLENE BOTHA
Posted by: Petru Pietersen | 2009/11/09

Goeie Dag Dokter

Ek het ' n maar paande gelede met ' n probleem beging ondervind. Ek dink dit was Desember 2008 wat ek nog my maand se menstruasie gehad en toe mis ek so 2-3maande en doen toe ' n tuis swangerskaptoetsie. Het negatief uitgekom. En toe het ek weer my siklus normaal en alles mis toe weer so 2maande en toe na dit het ek ' n probleem met my siklus. Ek kry nog een oomblik ' n snaakse pyn op my maag net bo waar ek my keisersnit gehad het met my dogtertjie. Dan as ek badkamer toe gaan dan is daar ' n baie baie dun strokie rooi bloed op die toiletpapier en dan hou ek maar net dop deur die dag. dan later die dag ' n daar ' n bietjie, maar dan weer niks. Dit het so aangegaan tot gister, 8 November 2009 wat ek weer normaal begin het met my siklus.

Wil net graag weet wat dit mag wees. Ek is net bekommerd daaroor. Het op ' n stadium ' n program in die oggend gekyk wat se van ' n dame se hormone wat dit kan veroorsaak. Wil ook uitvind of dit so mag wees.

Baie dankie vir u tyd en sal dit baie waardeer as iemand my net kan help asseblief.

Petru

Reply to Petru Pietersen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement