advertisement
Question
Posted by: Magre | 2008/05/30

ALS(Amiotrofiese Laterale Sklerose)

Ek was bestuurder by BKB ('n landbou-kooperasie) op Graaff-Reinet. Wanneer ek die winkel in die oggend oopgesluit het, was die gebou binne-in baie warm en die reuk van produkte, veral 1080 (Sodium fluoracetate) het my gevang. Wanneer nuwe voorraad ingekom het, was dit erger. Die lam-gevoel wat ek ervaar het, het gedurende die dag beter geword.

In 2002 kon ek agterkom daar is fout, want die spiere in my hand tussen my duim en wysvinger het begin kwyn.
Gedurende Februarie 2003 (toe 30 jaar oud) is ek na my huisdokter en hy het in dieselfde week vir my 'n afspraak by Dr. Britz, 'n neuroloog in P.E. gemaak. Ek is in Maart 2003 na 'n halfuurlange ondersoek deur hom met ALS(Amiotrofiese Laterale Sklerose) gediagnoseer. Ek het vir 'n tweede opinie na Prof. Kees van der Meyden in Pretoria gegaan. Hy het my meegedeel dat ek binne ses maande in 'n rolstoel sou wees. Nou, 5 jaar later, kan ek nog met die hulp van my vader loop. Ek was ook in 2004 vir 'n stamseloorplanting in Duitsland.

My mediese uitgawes in 5 jaar en verlies aan inkomste beloop R750 000.

Ek het baie opgelees op die internet en in ander lande neem dit baie langer as 'n halfuur om iemand te diagnoseer.

Ek het 'n paar vrae:
Is ons neuroloe en dokters op wereldstandaard om so doodsvonnis uit te spreek?
As hulle nie weet wat 'n mens makeer nie, hoekom spreek hul so vonnis uit?
Hoekom doen hul nie navorsing in S.A. I.v.m. motorneuron-siekte nie?
Hoekom word motorneuron-lyers nie in wereldwye navorsingsprojekte opgeneem en gemonitor nie?
Hoekom wil een dokter nie moeite doen wanneer 'n mens reeds gediagnoseer is met ALS nie? Is hul bang om teen 'n ander dokter se diagnose te gaan?
Hoekom as Sodium fluoracetate onwettig is in S.A. word dit op bestelling aangeskaf in landboubesighede?

EK HOOP IEMAND KAN NOG IETS DOEN OM VIR MY EN ANDER TE HELP!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy na my antwoord op jou navraag vroeer die week verwys.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement