advertisement
Question
Posted by: susan | 2008/08/04

Alopecia

My broer was gediagnoseer met Alopecia,dit is nou meer as 3 jaar terug. Eers het die dokters gedink dit was ' n beroete omdat hy een oggend wakker geword het en sy een gedeelte van sy liggaam was ingetrek en hy kon nie loop nie. Dit het met tye erger geword en hy het gekla van " pins en needle' s"  in sy arms en sy bene en sy een kant van sy lyf was party dae so verlam dat hy nie kon loop nie. So dit is soos ' n wipplank gery. Hy was nou al by talle dokters en geen medikasie vir beroete of vir hoe boeddruk kon help nie. Nou het sy dogter van ' n ander sean verneem in die Kaap wat dieselfde simtome het en dit is glo ' n tipe Bloedkanker. asseblief ek is al net so moedeloos soos my skoonsuster en my broers se kinders. Ons is ' n tweeling en my bloedgroep is A-neg. Is daar ' n toets wat gedoen kan word wat dalk nog nie gedoen is nie? My broer is nie op ' n mediese fonds nie en alhoewel hy nou weer amper normaal loop is dit ' n geval van een dag is dit goed en dalk net die volgende dag het hy so seer dat hy nie eens sy bene kan voel nie. Sy hare het eers met net ' n klein ronde kol grys geword, en toe word hy amper oornag spierwit grys. Daar waar die kol begin het, het dit groter geword en wel toe begin die hare uit te val en so het sy hele lyf nou geen hare nie. Soos wat hy self se, sal hy sonder die hare lewe maar die pyn is onbeheerlik!
Asseblief, ons het regtig hulp nodig. Is dit dalk ' n tipe seldsame kanker?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Susan
Nee dit klink nie soos 'n kanker nie, maar dit kan dalk 'n outo immune siekte wees. Met 'n outo immune siekte maak die liggaam antiliggame teen homself. Dit kan senuwees, vel, hare en organe aantas. Ek stel voor dat hy 'n rheumatoloog sien - vra die dokter by buitepasiente om hom na een van die spesialiste by julle naaste akademiese hospitaal te verwys as hy nie privaat konsultasies kan bekostig nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement