advertisement
Question
Posted by: Sammy | 2012-11-02

Alli

Ek het baie opgelees oor die dieet pil Alli. Kry mens dit net op voorskrif of kan mens dit oor die toonbank koop? Ek wil dit bitter graag gebruik want ek het so 20kg om af te skud en het al alles probeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sammy
Soos ek verstaan het van 'n omsendbrief oor Alli, behoort die produk wel sonder voorskrif by apteke beskikbaar te wees. Dit is belangrik om te onthou dat jy Alli en Xenical (albei produkte wat orlistat bevat), saam met 'n baie-lae-vet-dieet moet gebruik andersins sal jy nie gewig verloor nie. Omdat orlistat produkte ook inmeng met die opname van vetoplosbare vitamiene (bv. Vitamien A, D, E en K), behoort dit liefs onder toesig van 'n mediese dokter plaas te vind om te keer dat jy 'n vitamiengebrek opdoen.
Indien jy ook daaglikse oefening soos flink stap of touspring vir 30 minute per dag kan byvoeg, behoort jy goed gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement