advertisement
Question
Posted by: Magda Hanekom | 2011-03-15

Allergy

Ek het tydens ons Desember vakansie ''n paar allergiese reaksies gekry en my toe in Januarie bloedtoetse laat doen en uitgevind dat ek vir onder andere die volgende allergies is: Wheat, Oat, Maize, Peanut, Sesame Seed, Almond, Hazelnut...
Ek sny al sedert Januarie al die bogenoemde uit my dieet. Ek het in die verlede redelik baie stysel geeet en is ook lief vir choclates, maar sny als nou uit. Ek het egter nog niks gewig verloor, wat kan die rede hiervoor wees?
Groete
Magda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magda
Ek is jammer om te verneem dat jy allergies is vir so baie verskillende kosse. Dit is nie maklik om alle kosse wat koring, hawermout, mielies, grondbone, sesamsaad, amandels en ander neute bevat, uit te sny nie en steeds 'n gebalanseerde dieet in te neem. Die feit dat jy nog nie gewig verloor het nie, is waarskynlik a.g.v. die feit dat mens geneig is om jou energie-inname onbewus konstant te hou. Dit is ook 'n feit dat stysels op sigself nie 'n hoë energiewaarde het nie (slegs 16 kJ per gram) en dat dit gewoonlik die vet wat met stysels geassosieer word, soos botter op brood, en room op aartappels, die energie-sondebok is (1 gram vet verskaf 37 kJ - 'n groot verskil!). Indien jy nie nou onbewus kompenseer vir die vermindering van energie-inname a.g.v. die uitsny van die sjokolade en die neute, wat ryk aan vet is, dan behoort jy geleidelik 'n afname in gewig te ervaar. Indien jy jou vetinname inkort, sal jy wel gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Magda Hanekom | 2011-03-16

Baie dankie vir u terugvoer!

Reply to Magda Hanekom
Posted by: DietDoc | 2011-03-15

Beste Magda
Ek is jammer om te verneem dat jy allergies is vir so baie verskillende kosse. Dit is nie maklik om alle kosse wat koring, hawermout, mielies, grondbone, sesamsaad, amandels en ander neute bevat, uit te sny nie en steeds 'n gebalanseerde dieet in te neem. Die feit dat jy nog nie gewig verloor het nie, is waarskynlik a.g.v. die feit dat mens geneig is om jou energie-inname onbewus konstant te hou. Dit is ook 'n feit dat stysels op sigself nie 'n hoë energiewaarde het nie (slegs 16 kJ per gram) en dat dit gewoonlik die vet wat met stysels geassosieer word, soos botter op brood, en room op aartappels, die energie-sondebok is (1 gram vet verskaf 37 kJ - 'n groot verskil!). Indien jy nie nou onbewus kompenseer vir die vermindering van energie-inname a.g.v. die uitsny van die sjokolade en die neute, wat ryk aan vet is, dan behoort jy geleidelik 'n afname in gewig te ervaar. Indien jy jou vetinname inkort, sal jy wel gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.