advertisement
Question
Posted by: mommy 2 | 2010/06/17

allergiese reaksie

my dogterjie is 4 jaar uod en het die afgelope 2 weke n uitslag op haar lyfie wat kom en gaan.was nou al by 6 verskillende dokters met haar en die een se dis n virus die ander n allergie maar hulle kan nie vir my se vir wat sy allergies kan wees dat sy die uitslag kry nie.ek het agter gekom as sy n lekkertjie eet of iets met suiker dan kom die uitslag uit en dan lyk dit verskriklik.help my asb verstaan wat aan gaan met my kind.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mommy 2
Ek kan verstaan dat jy bekommerd is oor die uitslag wat jou dogtertjie ontwikkel. Was een van die dokters wat jy gespreek het dalk 'n Dermatoloog? Indien nie, sal ek jou aanraai om nog 'n slag vir 'n opinie te gaan na 'n Dermatoloog (veldokter). Dit is onwaarskynlik dat jou dogtertjie op suiker reageer. Daar is egter baie ander bestanddele in lekkers soos kleurmiddels en geurmiddels waarop sy wel mag reageer. As jy die Dermatoloog sien, vra tog of hy/sy jou dogtertjie kan toets vir allergieë, nie net kos nie, maar ook ander allergene soos stuifmeel, dierehare, grasse, ens. Daar is ongelukkig derduisende potensiële allergene waarmee mens elke dag in kontak kom en dit is soms moeilik om dit te identifiseer.
Ek hou duim vas dat die drs nou 'n diagnose sal vind sodat sy die korrekte behandeling kan kry.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/06/17

Beste Mommy 2
Ek kan verstaan dat jy bekommerd is oor die uitslag wat jou dogtertjie ontwikkel. Was een van die dokters wat jy gespreek het dalk 'n Dermatoloog? Indien nie, sal ek jou aanraai om nog 'n slag vir 'n opinie te gaan na 'n Dermatoloog (veldokter). Dit is onwaarskynlik dat jou dogtertjie op suiker reageer. Daar is egter baie ander bestanddele in lekkers soos kleurmiddels en geurmiddels waarop sy wel mag reageer. As jy die Dermatoloog sien, vra tog of hy/sy jou dogtertjie kan toets vir allergieë, nie net kos nie, maar ook ander allergene soos stuifmeel, dierehare, grasse, ens. Daar is ongelukkig derduisende potensiële allergene waarmee mens elke dag in kontak kom en dit is soms moeilik om dit te identifiseer.
Ek hou duim vas dat die drs nou 'n diagnose sal vind sodat sy die korrekte behandeling kan kry.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.