advertisement
Question
Posted by: Alicia | 2011/12/08

allergies vir vrugte??

Hallo,

Ek het ''n vraag oor vrugte.
as ek pynappel, Avo, papaja, perskes, pere en waatlemoen eet, kry ek die ongelooflikste maagpyn. gewoonlik begin dit met keel en ore wat binne-in jeuk, en dan so uur en ''n half nadat ek die vrugte geeet het, begin die maagpyn, en dit hou vir so 2-3ure aan.
ek kan ook glad nie sap meng met alkohol nie, dan gebeur dieselfde ding, maar sap netso maak niks.

My suster is twee jaar ouer as ek, en so ''nruk na my, het dieselfde met haar begin gebeur, sy kan ook GLAD nie avo of pynappel eet nie, maar wel ''n paar van die ander as sy jogurt daarmee saam eet.

Dit is vir my baie frustrerend, want ek was mal oor vrugte, nou kan ek amper net appels eet.

Wat kan dit wees, en wat kan ek daaraan doen?

Baie dankie.

groete

Alicia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Alicia
Die simptome wat jy ontwikkel nadat jy pynappel, avokado, pere en waatlemoen eet nl. 'n jeukerige gevoel in die keel en die ore gevolg deur kwaai maagpyn, klink vir my soos 'n allergiese reaksie. Die probleem is dat mense met allergieë, vir 'n hele reeks komponente in verskillende kosse allergies mag wees. Dit is dus belangrik dat jy jou huisarts spreek en vra dat hy/sy vir jou laat toets sodat jy kan uitvind watter kosse jy sal moet vermy (miskien is die allergeen waarop jy reageer ook in ander soorte kos teenwoordig). Dit is bekend dat alkohol mense meer vatbaar maak vir allergene, dus sal 'n sap wat gewoonlik nie vir jou 'n reaksie gee, wel simptome veroorsaak wanneer jy dit saam met alkohol inneem. Die probleem met sulke allergiese reaksies is dat mens se liggaam geleidelik gesensitiseer raak en op 'n dag kry mens dan simptome van kosse wat mens al jare lank sonder probleme eet.
Vra dus vir jou dr om jou te laat toets sodat jy kan uitvind watter kosse jy moet vermy en watter kosse, insluitend vrugte, jy wel kan eet.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Annetjie | 2015/12/23

Good day my grandson is 3 and a half. And hour or to after eating spanspek or waterlemon my grandson keeps on vomiting that looks like convaltions. Is he allergic to these fruits.

Reply to Annetjie
Posted by: suzelle | 2011/12/20

hi, eks 21 en is al allergies vir alle vrugte,komkommer en avo vanaf ek 12 is, ekt al medikasie probeer,maar niks help nie. Die sap van die waatlemoen mors op my dan slaan uit ek uit en jeuk!

Reply to suzelle
Posted by: DietDoc | 2011/12/08

Beste Alicia
Die simptome wat jy ontwikkel nadat jy pynappel, avokado, pere en waatlemoen eet nl. 'n jeukerige gevoel in die keel en die ore gevolg deur kwaai maagpyn, klink vir my soos 'n allergiese reaksie. Die probleem is dat mense met allergieë, vir 'n hele reeks komponente in verskillende kosse allergies mag wees. Dit is dus belangrik dat jy jou huisarts spreek en vra dat hy/sy vir jou laat toets sodat jy kan uitvind watter kosse jy sal moet vermy (miskien is die allergeen waarop jy reageer ook in ander soorte kos teenwoordig). Dit is bekend dat alkohol mense meer vatbaar maak vir allergene, dus sal 'n sap wat gewoonlik nie vir jou 'n reaksie gee, wel simptome veroorsaak wanneer jy dit saam met alkohol inneem. Die probleem met sulke allergiese reaksies is dat mens se liggaam geleidelik gesensitiseer raak en op 'n dag kry mens dan simptome van kosse wat mens al jare lank sonder probleme eet.
Vra dus vir jou dr om jou te laat toets sodat jy kan uitvind watter kosse jy moet vermy en watter kosse, insluitend vrugte, jy wel kan eet.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement