advertisement
Question
Posted by: Grietjie | 2008/07/07

Allergies vir skulpvis

Hi Doc
Ek het Saterdag 'n party bygewoon waar ek 'n Prawn en shrimp voorgereg gehad het. Ek het niks anders "snaaks" geeet nie, en het vreeslik siek geword. Erge braak en loopmaag. Dit was so erg dat ek gevoel het ek kry nie asem tussenin die braaksessies nie, en koue koors het my beetgepak. My ma het ook naar geword(nie gebraak) en loopmaag gehad. Sy sê toe dat sy vergeet het sy is alllergies vir jodium en dat dit dalk die oorsaak is, want ons is die enigste twee wat siek geword het. Ek wil nou net graag weet of dit moontlik is want ek het slegs een keer vantevore Prawns geeet en toe net so siek geword. Is ek dus allergies vir skulpvis en moet ek dit liewer vermy of is dit toeval?
Groetnis

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Grietjie
Dit klink vir my of jy dalk allergies kan wees. Vra jou dokter om jou te toets want dan mag jy ook nie sekere medisyne of x/straal ondersoeke kry nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement