advertisement
Question
Posted by: Zel | 2009-03-14

Allergies vir hoesstroop?

Hi dok

Ek het ' n bottel hoesstroop (FLEMEZE) in my badkamerkassie. Elke keer as ek daarvan drink (net ' n bietjie), begin ek vreeslik bewe, my hande, my kop alles bewe. My hart begin so vinnig klop dat ek skoon uitasem voel en dit hou aan vir ' n paar uur nadat ek dit gedrink het. Onlangs was ek siek by iemand anders, en sy het vir my van haar hoesstroop gegee, na 20min het ek so gebewe dat ek nie ' n glas water kon vashou nie en my hart wou uit my keel spring. Dit het 3 ure geduur. Nou het ek die botteljie wat in my kas is hier voor my. Die bestandele is ORCIPRENALINE SULPHATE en BROMHEXINE HYDROCHLORIDE. Dan is daar oor 2 preserveermiddels (Methylparaben en Propylparaben) in. Kan ek allergies wees vir ' n seker bestandeel in die medisyne? Ek dra wel ' n medic alert bandjie vir Penicilien en Maxillon. Ek is ' n vrou van 33 jaar.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Zel

Jy is nie allergies vir die hoesstroop nie, maar jou sisteem is wel baie sensitief vir Orciprenaline Sulphate, wat hartkloppings en bewerigheid veroorsaak.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement