advertisement
Question
Posted by: Nicolene | 2011/04/06

ALLERGIE

My 13 jarige dogter het al 2 jaar lank urticaria. Ons het agtergekom dit is agv preserveermiddels, kleurmiddels en geurmiddels. Sy is al 2 keer getoets om te sien vir watter bymiddels spesifiek sy allergies is, maar die toetse wou nie werk nie agv " mass"  selle wat te veel was in haar bloed of so iets. Ons probeer sover moontlik al die preserveermidels ens vermy en probeer net produkte koop wat dit nie in het nie. maar sy slaan egter nog steeds uit, omdat daar maar altyd iets is wat bymiddels in het, wat dalk nie op die " label"  wys nie ens. Sy kan al amper niks meer eet, sonder om uit te slaan nie. Sy het al Texa, Lorano en Allergex en Singulair gebruik, maar niks onderdruk die allergie heeltemal nie. Sy is elke dag uitgeslaan al gebruik sy die medisyne elke dag.Het jul enige raad vir ons?Is daar enige medisyne wat beter sal werk of iemand wat ons kan sien wat ons meer sal kan help (was al by paar dermataloe en allergie kliniek in Pretoria)?Sy huil amper elke dag omdat sy skaam is vir die uitslag tussen haar maats en by die skool.Sy slaan orals oor haar lyf uit.Ons weet nie meer wat om vir haar te doen nie.Help asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicolene
Ek is so jammer om te verneem dat jou 13-jarige dogter so erg ly aan urtikarie. Aangesien die antihistamiene nie die toestand kan beheer nie, bly daar net die alternatief oor om haar op 'n dieet te sit wat Alle preserveermiddels, kleurmiddels en geurmiddels vermy. Dit sal behels dat sy net kosse eet wat jy self van staanspoor gemaak het. Aangesien dit aan die begin nogal moeilik is om so 'n dieet in die moderne lewe toe te pas en ons wil sorg dat sy voldoende voedingstowwe inneem dat sy normaal kan groei, sal ek aanraai dat julle ‘n geregistreerde dieetkundige sal spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Find a dietitian' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Verder is dit miskien raadsaam om haar na 'n kliniese sielkundige te neem vir terapie aangesien sy so getroumatiseer word deur haar toestand en sy ook sielkundige onderskraging nodig het om die probleem te hanteer. Julle huisarts kan julle na 'n sielkundige verwys. Vir addisionele raad oor allergieë, besoek die Webwerf van die Allergie Assosiasie by: www.allallergy.net .
Ek hou styf duim vas dat jou dogter se urtikarie nou sal bedaar met die additief-vrye dieet en die ondersteuning van die kliniese sielkundige.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Nicolene | 2011/04/07

Baie dankie vir die antwoord. Ek sal vir haar ''n afspraak maak by ''n dieë tkundige en sielkundige. Ek het definitief raad nodig oor wat ek vir haar sal kan gee om te eet. Ons het self probeer, maar sukkel baie om dit heeltemal reg te kry. Dus sal ''n dieë tkundige baie kan help.

Mooi bly en dankie

Groete

Nicolene

Reply to Nicolene
Posted by: DietDoc | 2011/04/07

Beste Nicolene
Ek is so jammer om te verneem dat jou 13-jarige dogter so erg ly aan urtikarie. Aangesien die antihistamiene nie die toestand kan beheer nie, bly daar net die alternatief oor om haar op 'n dieet te sit wat Alle preserveermiddels, kleurmiddels en geurmiddels vermy. Dit sal behels dat sy net kosse eet wat jy self van staanspoor gemaak het. Aangesien dit aan die begin nogal moeilik is om so 'n dieet in die moderne lewe toe te pas en ons wil sorg dat sy voldoende voedingstowwe inneem dat sy normaal kan groei, sal ek aanraai dat julle ‘n geregistreerde dieetkundige sal spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Find a dietitian' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Verder is dit miskien raadsaam om haar na 'n kliniese sielkundige te neem vir terapie aangesien sy so getroumatiseer word deur haar toestand en sy ook sielkundige onderskraging nodig het om die probleem te hanteer. Julle huisarts kan julle na 'n sielkundige verwys. Vir addisionele raad oor allergieë, besoek die Webwerf van die Allergie Assosiasie by: www.allallergy.net .
Ek hou styf duim vas dat jou dogter se urtikarie nou sal bedaar met die additief-vrye dieet en die ondersteuning van die kliniese sielkundige.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement