advertisement
Question
Posted by: Christi | 2010/09/22

Allergie

Naand Dokter,

Ek het graag dr se opinie nodig. My seuntjie is 21 maande oud.
Laas week Woensdag het ek hom vir die eerste keer bloodgestel aan peanut butter deur vir hom `n waffer koekie te gee met bietjie peanut butter op. Hy het dit baie geniet, die aand was sy ogie bietjie rooi maar ek het dit toegeskryf aan moegheid. Die volgende dag het ek vir hom `n stukkie broodjie gegee met peanut butter op en die volgende oomblik toe kry hy 4 rooi knoppies om sy mond en sy ogie word rooi en begin toe verskriklik jeuk. Hoe meer hy gevryf het hoe meer het die ogie geswel en rooier geword.

ons het voedsel allergie toets by lab laat doen en die toets het positief getoets vir bone. Pediater het laat weet hy is `n hoë  risiko peanut allergis. My hande is verder afgekap want sy pediater is vir die volgende 2 weke op verlof. So ons moet maar wag vir verdere antwoorde tot hy terugkom.

Ons GP het wel Celestamine voorgeskryf, maar die pediater op health24 reken ons moet dr Corli Gravett gaan sien vir verdere toetse. Is dit nie moontlik dat die pediater sommer hierdie ander bloedtoetse kan aanvra nie, en die pediater kan mos dan self bepaal of hy `n epi-pen sal benodig al dan nie. Dit is blykbaar `n Ara H2 toets, ek sal dr se raad oor hierdie allergie baie wardeer, want dit het nou wraggies oornag by die agterdeur ingekom.

|Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Christi
Jou pediater kan dit seker ook doen alhoewel seker dokters superspesialiseer in allergiee. Dis nogal interessant dat alhoewel hulle dit 'n PeaNUT noem, dit eintlik 'n peulgroente is en in die selfde groep as bone val! Mens moet redelik versigtig wees want baie ontbytkosse, lekkers ens word in fabrieke gemaak waar daar ook met neute en grondboontjies gewerk word - lees maar die pakkies!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/23

Hallo Christi
Jou pediater kan dit seker ook doen alhoewel seker dokters superspesialiseer in allergiee. Dis nogal interessant dat alhoewel hulle dit 'n PeaNUT noem, dit eintlik 'n peulgroente is en in die selfde groep as bone val! Mens moet redelik versigtig wees want baie ontbytkosse, lekkers ens word in fabrieke gemaak waar daar ook met neute en grondboontjies gewerk word - lees maar die pakkies!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement