advertisement
Question
Posted by: Elvis | 2009/09/03

Allergie?

More Dok,

Ek het deesdae (3 maande) konstante sinus en slym op by bors/longe. Ek is al deur verskeie medikasie (griep, brongitus, asma, ens), 2 x by dokters, en dit verbeter nie. Dit voel of ek permanet n ligte verkoue het. Ek het nog nooit voorheen so probleem gehad nie. Ek oefen so 10 keer n week en gebruik ook protein shakes. Wat kan dit wees en wat stel dok voor moet ek maak? Kan dit melk en die protein shakes wees en dat ek dalk skielik Lactose intollerant is?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elvis
Dit kan wees dat jy 'n allergiese rhinitis het. Probeer jou shakes maak met soja melk ( ja ek weet dit klink jiggie maar ek het dieselfde probleem en het myself nou geleer om dit te drink - mens oorleef dit!) Jy kan ook probeer om saans 'n antihistamien soos Loratidien te gebruik. Spoel jou neus met saline ( mens koop by Clicks) of maak self (1 koppie lou water en 1/2 teelepel sout) - snuif in en blaas uit tot skoon water uitkom.
As jy asma het moet jy asma medikasie gebruik - verkieslik iets wat asma aanvalle voorkom soos Seretide - jy sal 'n voorskrif nodig hê.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement