advertisement
Question
Posted by: Nikki | 2009-03-25

Allergie

Hi Doc
Ek het ' n probleem met my dogter 16 jaar oud se vel (gesig).
Sy het so 2 weke gelede ' n veluitslag gekry (wit kolle) en dit jeuk baie as sy in die son kom. Die kolle is droog. Die dokter het ' n allergie pil voorgeskryf en salf gegee, maar dit help nie juis nie en is nog steeds in haar gesig.

Ek hoop u kan my help

Nogmaals baie dankie vir u puik advies

Dalene Boltney

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Hi Nikky

Dis moeilik om defnitief te se van hierdie kant van die rekenaarskerm, maar dis klink asof jou dogter se kolle veroorsaak word deur 'n baie algemene fungus.

Die behandeling hiervoor is 'n sjampoe (ja 'n shampoo, selfs al is dit op die gesig of enige ander deel van die liggaam) wat die bestanddeel selenium bevat. Die beste is om 'n botteltjie Selsun 2.5% (Slegs die grys en geel boksie - geen ander Selsun nie!) by jou apteek te koop.

Laat jou dogter dit daagliks aan die geaffekteerde area smeer en dan vir ten minste 10 minute aanlos voordat sy dit afwas. Herhaal vir 10-14 dae.

Indien geen verbetering gesien word nie stel ek voor julle sien 'n dermatoloog.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement