advertisement
Question
Posted by: TK | 2008/10/30

Allergie?

Hallo Dokter

Kan n kind allergies wees vir n vrug? Dit klink dan vir my so snaaks, gewoonlik is dit melk of graan of neute of seekosse? Nou die aand toe gee ek my kleintjie van 2 jaar eers n stukkie lemoen, wat sy al baie geeet het, maar toe spoeg sy dit uit omdat dit vir haar te suur gesmaak het, sy het n soettand! Net daarna het ek vir haar n halwe kiwivrug gegee, wat ek dink ek nog net een keer vir haar gegee het, en sommer vinnig het sy uitgeslaan op haar gesiggie, die ogies het geswel en sy het oral op haar gesig knoppies begin kry, dit het gelyk soos n rooiheid met klomp wit knoppies op. Daar waar sy met haar handjies gevat het aan die vrugte, het sy ook so uitgeslaan. Dit was nou al twee weke terug, en sy bly hierdie rooi in die waaie van haar armpies en beentjies he, dit het gekom vandat sy die uitslag gehad het. Is daar dalk iets wat ek daaraan kan smeer, terwyl ek nou op die onderwerp is? Ek die groot vraag is of sy dan allergies vir kiwivrug kan wees, of is dit dalk die suurheid van die lemoen wat haar n uitslag gegee het? Die kiwi het wel n slegte plekkie gehad, wat ek uitgesny het, kon dit dalk ook die oorsaak gewees het?

Jammer vir al die vrae.

Baie dankie!

TK

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

Some people are allergic to kiwi fruit. If this is the case, they are also often allergic to bananas.Please post to the paediatrician.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: TK | 2008/10/31

Jammer het by die verkeerde dokter gepos per ongeluk, sal dit vir die pediater gaan vra!

Reply to TK
Posted by: TK | 2008/10/31

Hi Dokter

Ek het gisteraand gou n toets gedoen en n stukkie kiwi aan haar armpie gesmeer, toe slaan sy weer so uit op die plekkie wat ek gesmeer het.

Is daar iets wat ek byderhand moet hou as sy per ongeluk kiwi inkry en haar borsie trek dalk toe (alhoewel dit nie laas gebeur het dat sy asemhalingsprobleme gehad het nie)? Of sal dit nie gebeur as dit nie laas so gebeur het nie?

Vreeslik dankie!

TK

Reply to TK

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement