advertisement
Question
Posted by: Magda Hanekom | 2011/04/14

Allegy

Goeie dag Dr.,
Ek het u vroeer ge -|- ak oor my allergie vir graan ens. Ek wil net uitvind of ek vir whisky ook allergies kan wees aangesien dit van graan gemaak word, ek drink in die aand ''n glasie whisky en het gewonder of dit die rede kan wees vir die allergiese reaksie wat ek kry wanneer ek gaan slaap? Ek kry nie sommer die reaksie in die dag nie, maar ten minste elke 3de aand!
Groete
Magda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magda
Soos ek onthou, het jy genoem het dat jy vir koring, hawermout, mielies, grondbone, sesamsaad, amandels en ander neute allergies is. Wat whisky aanbetref, word garsmout ("barley malt") gebruik om dit te maak, en dit is moontlik dat jy wel vir die gars allergies mag wees. Aan die ander kant, mag die inname van alkohol jou allergie vererger. Om dit te toets kan jy miskien die whisky met 'n "wit alkohol" soos vodka, vir 'n week vervang om te sien of jy steeds die allergies reaksie ontwikkel wanneer jy gaan slaap. Indien jy nie meer die reaksie ontwikkel nie terwyl jy 'n ander drankie drink, dan is jy waarskynlik wel allergies vir whisky. As jy steeds allergiese reaksies ontwikkel, dan kan dit die alkohol self wees wat 'n sluimerende reaksie vererger.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Magda Hanekom | 2011/04/15

Wil ook graag weet of die cortisoon in die Celestamine kan veroorsaak dat ek nie gewig verloor nie, want ek moet die
Celestamine ten minste 3 x per week drink, dan drink ek twee op ''n slag en ''n zopac? Baie dankie vir die vorige terugvoer!

Reply to Magda Hanekom
Posted by: DietDoc | 2011/04/14

Beste Magda
Soos ek onthou, het jy genoem het dat jy vir koring, hawermout, mielies, grondbone, sesamsaad, amandels en ander neute allergies is. Wat whisky aanbetref, word garsmout ("barley malt") gebruik om dit te maak, en dit is moontlik dat jy wel vir die gars allergies mag wees. Aan die ander kant, mag die inname van alkohol jou allergie vererger. Om dit te toets kan jy miskien die whisky met 'n "wit alkohol" soos vodka, vir 'n week vervang om te sien of jy steeds die allergies reaksie ontwikkel wanneer jy gaan slaap. Indien jy nie meer die reaksie ontwikkel nie terwyl jy 'n ander drankie drink, dan is jy waarskynlik wel allergies vir whisky. As jy steeds allergiese reaksies ontwikkel, dan kan dit die alkohol self wees wat 'n sluimerende reaksie vererger.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement