advertisement
Question
Posted by: Lala | 2010/01/06

Alkoholisme

Hi Dr Bets

My broer 50jr is alkoholis. Ons probeer al vanaf Junie 2009 om hom te laat opneem by ' n staatsinstansie want hy het nie medies nie. Tot dusver voel dit of alle deure in ons gesigte toeklap. Ons het by die hof dokumente ingedien sodat die hof hom kan wegstuur. Die maatskaplike werker moes glo die saak ondersoek en het ' n afspraak met hom gemaak wat hy nie nagekom het nie en toe is die saak gesluit. Op hierdie stadium eet hy niks, is baie depressief en huil baie, wil nie naby mense wees nie, is niks gepla om te bad nie en het paar dae terug begin opgooi en nou ook bloed. Ons het hom weer in Provinsiaal laat opneem (2dae terug) maar hy is vandag ontslaan. Die drs daar laat ons reguit verstaan hulle is nie bereid om hom verder te help want hy wil nie gehelp word nie. Ek dink egter nie hy is enigsins in staat om besluite te maak nie. Die meeste rehab plekke wil ook nie mense teen hul sin inneem nie. DIe drs by die provinsiaal se ons mors tyd om hom te laat opneem want hy gaan hom in elk geval dood drink en ons rek net die proses uit. Dit is egter nie so eenvoudig nie, dit bly my broer. Hoekom is dit so moeilik om ' n oplossing te vind vir so tipe probleem? Weet dr dalk van rehab plekke wat hom sal neem teen sy wil. Ons kan nie toekyk hoe hy homself vernietig nie. Ons wil nie agterna met verwyte rondloop en voel dat ons te min gedoen het om hom te help nie.

Baie dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Jy gaan hom net kan laat opneem teen sy wil as julle hom laat sertifiseer deur 'n psigiater. Sulke rehab as hulle nie gemotiveer is nie, werk ook nie,want sodra hulle uitkom begin hulle weer drink. Baie mense gebruik alkohol as medikasie vir selfbehandeling vir depressie of ander psigiatriese toestande, en miskien as hy eers behandeling daarvoor begin kry sal hy meer gemotiveer wees om op te hou drink. Ek stel voor julle vra 'n psigiater om hom te evalueer vir depressie en kyk of julle hom nie eers op medisyne kan kry nie. Die dokters by provinsiaal se buitepasiente kan hom verwys na psigiatrie.
Hoor ook wat dink Cybershrink??
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/01/06

Hallo Lala
Jy gaan hom net kan laat opneem teen sy wil as julle hom laat sertifiseer deur 'n psigiater. Sulke rehab as hulle nie gemotiveer is nie, werk ook nie,want sodra hulle uitkom begin hulle weer drink. Baie mense gebruik alkohol as medikasie vir selfbehandeling vir depressie of ander psigiatriese toestande, en miskien as hy eers behandeling daarvoor begin kry sal hy meer gemotiveer wees om op te hou drink. Ek stel voor julle vra 'n psigiater om hom te evalueer vir depressie en kyk of julle hom nie eers op medisyne kan kry nie. Die dokters by provinsiaal se buitepasiente kan hom verwys na psigiatrie.
Hoor ook wat dink Cybershrink??
dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement