advertisement
Question
Posted by: tress | 2012-05-04

Alkoholis

My man is 55 jaar oud en hy drink elke dag van sy lewe. Hy is op die oomblik heeldag by die huis, want hy het begin dink dat mense hom agtervolg en wil nie meer uit die huis gaan nie. Hy is tans op psigiatriese pille (Cilift, Serenace en Akineton). So hy is besig om medies ongeskik verklaar te word by sy werk. Hy begin in die oggende 03:30 drink tot die aand 19:00. Teen die tyd dat ek by die huis kom omtrent 16:00 dan is hy al " ver heen" . Die ergste van alles is dat hy bitter min eet. Hy bly die heeldag honger, al is daar kos in die huis. Hy se altyd in die aand hy is nie honger nie (want dan het hy al reeds te veel gedrink) so hy sal nie honger wees nie, Hy wil nie vir my luister as ek se dit vernietig sy liggaam nie, en hy moet behandeling kry nie, en hy se hy het ook nie n proleem nie. Ek is raadop met hom, hy is maer, weeg omtrent 70kg, hy eet nooit en gaan omtrent 5 keer toilet toe op n dag, (sy maag). As hy begin drink dan begin hy geweldadig te raak dan is niks reg nie. Dit is nie dat hy weet wat drank aan sy liggam doen nie, want sy pa was ''n alkoholis, wat dood is aan lewer kanker. Hoop u het raad vir my.


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tress

Jy sal jou man moet laat opneem in 'n rehabilitasie sentrum. As hy nie vrywillig wil gaan nie, kan jy sy psigiater kontak om hom wettiglik te laat opneem in 'n geskikte sentrum.

Sterkte

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement