advertisement
Question
Posted by: Elise | 2012/05/17

Alkohol

Hi Dok,

Hierdie is baie einaardig. Ek het agter gekom so n jaar gelede dat as ek alkohol drink met enige koeldrank, self met vrugte sap, na die 2de drankie kan ek nie asem haal nie. Dit maak nie saak watse alkohol of koeldrank dit is nie.Eers het ek gedink dis my verbeelding die paar keer dat dit gebeur het maar die naweek het dit weer gebeur. Net na die 1ste glasie al. ! My bors, neus, alles trek heeltemal toe. Ek sukkel regtig om asem te haal. Ek dink iemand wat asma het voel so. My wange raak Bloed rooi, en dit neem my +- 3uur om te herstel . En dan voel ek regtig nie goed nie hartkloppings en alles. Wanneer ek alkohol drink met water het ek nie die probleem nie. Ek kan sappe drink normaalweg dit affekteer my nie, ek moet net nie die 2meng nie (gelyktydig in neem nie) Wat kan die probleem wees.? Glo my dit is regtig nie n lekker gevoel nie. O, ek is 47jr oud en vroulik. Andersins baie gesond geen mediese toestande. Ok nie oorgewig nie.

Dankie Dok,

Groete, Elise

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elise

Ek kan werklik nie verklaar waarom jy hierdie simptome ervaar nie, maar ek stel wel voor dat jy jou dokter vir 'n lewer- en longfunksie toets, asook 'n moontlike gastroskopie konsulteer. Dit is moontlik dat die vermenging van die alkohol en sap, refluks veroorsaak. Refluks van suur kan jou simptome verklaar.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement