advertisement
Question
Posted by: ANN | 2011/05/11

Alergie telling / antihistamien

More dokter

My seun (amper 10) het KRONIES sinus en maak permanent snorkgeluide omdat hy slym in die keel het. Hierdie geluid raak al n probleem in die klas ook. Kinders spot hom. Hy se hy kan dit nie verhelp nie.

Sy allergietelling is getoets in Januarie. En is baie hoog bokant die reikwydte. As ek reg onthou was die allergie telling iets in die 90. Dokter se dit help veel om die kind te toets waarvoor hy allergies is, want as dit bv stof is....wat doen jy daaromtrent. Sy se dit is baie duur en meeste van die tyd kan jy dit nie beheer nie.

Sy het Desaway voorgeskryf. Tot op die stadium kan ek nie juis n groot verskil sien nie.
Ek gebruik soms ACC bruistablette as dit erg is en ook n soutwater neussproei. Ek help hom dan om sy neus goed uit te blaas.

Neem kennis dat hy ook ADHD is. En tans gebruik hy ook Conserta 36mg. Hy is ook n BAIE SLEGTE eter. Eet geen groente en vrugte nie.

Wil ook weet. Op die voorskrif staan dat die Desaway SOGGENS gegee moet word, maar ek lees op die pamflet dat dit lomerigheid kan veroorsaak. Nou die laaste ding wat ek wil he is n ADHD kind wat nog aan die slaap raak in die klas. Ek is al n bietjie raadop. Ek gee dit in die aande.

Is dit dalk nodig om n ekstraal van sy sinus te neem om te kyk wat gaan aan, of moet die allergietelling anders aangespreek word?

Dankie vir u bystand. Hoop ek kan antwoorde kry.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

ANN

Daar is geen probleem daarmee om die medikasie slegs in die aand te gee nie, aangesien dit 'n 24 uur werking het.

Ek stel egter voor dat jy 'n Oor-, neus- en keelspesialis konsulteer om die oorsaak van sy kroniese sinus te vind. Daar is moontlik 'n chirurgiese oplossing vir sy probleem.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement