advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/02/04

Aktiewe dogter

Beste Dietdoc
My dogter is 10 jaar oud. Die buitemuurse aktiwiteite raak veeleisend by die skool. Dis netbal, atletiek en sy dans ook nog. Die huiswerk raak ook nou aansienlik meer, en ek kom agter sy word deesdae gouer moeg. Boonop begin die toetsreeks en eksamen ook binnekort.
Wat kan ek vir haar gee om te eet wat haar spierkrag en veral breinkrag ''n hupstoot sal gee? Sy is nie ''n vreeslike groot eter nie, en sal eerder kort-kort aan iets peusel. Sy hou van vrugte, jogurt, grondboontjies en sy eet muesli pap net so droog as ''n peuselhappie. Ek gee ook vir haar " drinking yogurt"  want ek het gelees dat energie drankies nie regtig help nie. As Doc asb vir my nog idees kan gee. Ek het gewonder oor yster, want dit help mos met suurstof in die bloed?

Baie dankie !

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Indien jou kind maklik moeg word, is dit miskien 'n goeie idee of haar bloedystervlakke te laat toets, net om seker te maak dat sy nie dalk 'n ystergebrek en bloedarmoede het nie. Die rede hoekom ek dit voorstel, is dat in so 'n geval die dr 'n yster-foliensuur aanvulling sal voorskryf. Indien sy nie 'n kliniese ystergebrek het, en jy haar ysterinname wil bevorder, dan kan jy die volgende kosse wat besonder ryk is aan yster, by haar dieet insluit: rooi vleis, lewer, pluimvee, vis, eiers (veral die geel), yster-verrykte ontbytgrane en droë vrugte. Bedien 'n glasie lemoensap saam met haar ontbyt sodat sy die yster in die ontbytgrane makliker kan absorbeer. Die kosse en die jogurtdrankie wat jou dogter alreeds inneem, is almal gesond en voedsaam en behoort ook vir haar energie te verskaf. Spiere word opgebou deur gereelde oefening en inname van proteïenryke kosse soos vleis, vis, eiers, melk, jogurt, maaskaas en ander kase, asook peulgroente soos droë bone, erte, lensies of soja. Wat haar breinkrag aanbetref, is omega-3 aanvullings nuttig - bv. salmolie tablette.
Ek vertrou dat jou dogter goed sal doen met haar baie aktiwiteite.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/04

Beste Lizzy
Indien jou kind maklik moeg word, is dit miskien 'n goeie idee of haar bloedystervlakke te laat toets, net om seker te maak dat sy nie dalk 'n ystergebrek en bloedarmoede het nie. Die rede hoekom ek dit voorstel, is dat in so 'n geval die dr 'n yster-foliensuur aanvulling sal voorskryf. Indien sy nie 'n kliniese ystergebrek het, en jy haar ysterinname wil bevorder, dan kan jy die volgende kosse wat besonder ryk is aan yster, by haar dieet insluit: rooi vleis, lewer, pluimvee, vis, eiers (veral die geel), yster-verrykte ontbytgrane en droë vrugte. Bedien 'n glasie lemoensap saam met haar ontbyt sodat sy die yster in die ontbytgrane makliker kan absorbeer. Die kosse en die jogurtdrankie wat jou dogter alreeds inneem, is almal gesond en voedsaam en behoort ook vir haar energie te verskaf. Spiere word opgebou deur gereelde oefening en inname van proteïenryke kosse soos vleis, vis, eiers, melk, jogurt, maaskaas en ander kase, asook peulgroente soos droë bone, erte, lensies of soja. Wat haar breinkrag aanbetref, is omega-3 aanvullings nuttig - bv. salmolie tablette.
Ek vertrou dat jou dogter goed sal doen met haar baie aktiwiteite.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.