advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2009/01/23

Aknee probleem en ek gaan trou!!

Ek het nooit regtig op skool met my vel gesukkel nie, totdat ek 21 geword het, ek is nou 25 en ek sukkel verskriklik met aknee sommer oor my hele gesig maar die ergste op my ken en wange. Ek was nou al op antibiotika wat wel vir ' n ruk help maar dit kom net weer terug, ek is al vir hoeveel jaar op die pil, vanaf Yasmine, Minerva, Diane ens en dit help ook nie meer regtig nie. Ek het gehoor ek moet Zinplex probeer, ek gebruik dit nou al vir ' n maand lank maar geen verbetering. Ek trou in Mei maand die jaar en ek wil nie graag met aknee sukkel. Kan dr asb vir my ' n aanbeveling maak van wat ek kan doen?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek sal jou sterk aanbeveel om 'n afspraak met 'n dermatoloog te maak, sodat 'n gradiering van jou aknee gemaak kan word. 'n Moontlike goeie opsie is om Roaccutane vir 'n periode van 3 tot 6 maande te gebruik. Die dokter sal jou moet monitor, aangesien die produk heelwat newe-effekte het. Dit is egter baie effektief.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: face | 2009/01/23

Gaan op acnetane of ro accutane - dit werk

Reply to face
Posted by: Spark | 2009/01/23

Hi Moedeloos!
Ek was my gesig met ' n seep wat " Tea-tree"  oil bevat en smeer na die tyd skoon tea-tree oil aan my gesig wat jy by ' n apteek kan koop. Dit het vir my gehelp. Sterkte met jou groot dag.

Reply to Spark

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement