advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/02/09

Ai, die ou gewiggies

Hallo Dokter

Ek kla nou eintlik met die brood onder die arm. Ek weeg volgende week, maar het so vinnig " gepeak"  op die skaal. Lyk my eks so 800g af van verlede maand tot nou.

Ek weet my porsie grootte is die probleem. So my vraag nou is, hoeveel van wat? Mens kry mos nou deesdae daai groot snye wholewheat brood. Tel 1 so ''n sny as 2 van die ander?

Lyk my as mens eers 21 geslaan het, val die kg''s na daai ouderdom maar stadig af haha

Dankie Dokter

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Jy kry dit altyd reg om my te laat lag, en op 'n besonder moeilike en vermoeiende dag, waardeer ek dit baie. Jy weet mos jy moenie loer na die skaal - soos hulle in Engels sê: "That way lies madness" Jou gewig sal op en af skommel, maar oor die lange duur sal die grafiek 'n afwaartse neiging toon. Algemeen gesproke is 'n porsie brood = 1 sny van 30g. Dus sal jy daardie groot sny heelgraan brood moet weeg om vas te stel of dit 1 of 2 porsies of dalk 1 1/2 porsie is.
Ek stem nogal saam oor die wonderlike jare voor 30 (nie 21 nie), wanneer mense meestal maklik gewig kan verloor en baie energie het om te oefen en alles so effe rooskleurig lyk. O wee!
Lekker aand vir jou
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/09

Beste Helena
Jy kry dit altyd reg om my te laat lag, en op 'n besonder moeilike en vermoeiende dag, waardeer ek dit baie. Jy weet mos jy moenie loer na die skaal - soos hulle in Engels sê: "That way lies madness" Jou gewig sal op en af skommel, maar oor die lange duur sal die grafiek 'n afwaartse neiging toon. Algemeen gesproke is 'n porsie brood = 1 sny van 30g. Dus sal jy daardie groot sny heelgraan brood moet weeg om vas te stel of dit 1 of 2 porsies of dalk 1 1/2 porsie is.
Ek stem nogal saam oor die wonderlike jare voor 30 (nie 21 nie), wanneer mense meestal maklik gewig kan verloor en baie energie het om te oefen en alles so effe rooskleurig lyk. O wee!
Lekker aand vir jou
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement