advertisement
Question
Posted by: Diana | 2011/01/07

Agterstallige onderhoud

Ek is geskei in Des 2007. Vanaf Des 2007 tot Junie 2008 het my eks geen onderhoud betaal nie. Daarna het hy vir ''n jaar net die helfte van die onderhoud betaal (R1500). Vir die volgende jaar R2000.00. Wanneer ek hom vra wanneer hy die volle onderhoud gaan betaal, word daar net gese hy kan dit nie bekostig nie, maar sal dit soos hy geld het afbetaal. In April 2010 het ek nadat hy my gevra het die onderhoud laat verminder vanaf R3000 tot R 2000.00, met die ooreenkoms dat hy vanaf Januarie 2011 die volle onderhoud van R 3000.00 sal betaal. Daar is ook gevra dat ek ''n rekening vir my seun moet oopmaak en hy sal dit begin om die agterstallige geld daarin te betaal soos hy kan. Ek het die rekening oopgemaak, maar daar is nog geen betalings gemaak nie. Hoe kan ek maak? Moet ek ''n dokument by die hof gaan kry om dit weer na R3000 te vermeerder soos per die egskeidingsbevel? En hoe maak ek met die agterstallige geld. Hy is intussen weer getroud en tussen die twee van hulle is daar ''n huis van R1.5 mil gekoop, aanbouings gedoen ens. Lyk nie of daar ''n tekort aan geld is nie. HELP ASB!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Jy sal 'n gesertifiseerde afskrif van die egskeidingsbevel moet neem na die onderhoudshof en versoek dat 'n lasbrief vir agterstallige onderhoud uitgereik word en terselfdertyd ook versoek om 'n verhoging. Die onderhoudsbeampte behoort jou te kan help met die invul van die vorms. Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel jy en hy onderling ooreengekom het dat hy minder onderhoud betaal, laasgenoemde geen uitwerking sal he op die geldigheid van die eerstydse hofbevel nie en hy inderdaad gebonde gehou kan word daaraan aangesien die hofbevel slegs deur die hof gewysig kan word.

Bertus Preller
Family Law Attorney
Abrahams and Gross Inc.
http://www.divorceattorney.co.za
info@divorceattorney.co.za

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: family law expert | 2011/01/07

Jy sal 'n gesertifiseerde afskrif van die egskeidingsbevel moet neem na die onderhoudshof en versoek dat 'n lasbrief vir agterstallige onderhoud uitgereik word en terselfdertyd ook versoek om 'n verhoging. Die onderhoudsbeampte behoort jou te kan help met die invul van die vorms. Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel jy en hy onderling ooreengekom het dat hy minder onderhoud betaal, laasgenoemde geen uitwerking sal he op die geldigheid van die eerstydse hofbevel nie en hy inderdaad gebonde gehou kan word daaraan aangesien die hofbevel slegs deur die hof gewysig kan word.

Bertus Preller
Family Law Attorney
Abrahams and Gross Inc.
http://www.divorceattorney.co.za
info@divorceattorney.co.za

Reply to family law expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement