advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/01/25

Agge nee

Goeie mô re Dokter

Ek bevind myself in ''n negatiewe posisie. Behalwe dat ek verkoue het en vir 3 dae nie kon gaan oefen nie, het ek vanoggend op die skaal geklim net vir ''n bietjie motivering met die siekte.

Sal dokter my glo dat na 2 weke van mooi en reg eet, 5 klein porsies op ''n dag, het ek NIKS verloor nie!!! EK HUIL SOMMER!

Help my asb. om my eetplan aan te pas:

Ontbyt: 1 snytjie brood met 2 eiers (dit was gister)
Snack: 10 korrels druiwe
Middagete: Rys, met boontjie bredie. (omtrent ''n klein poeding bakkie 3/4 vol)
Snack: Los pit perske
Aandete: 2 stukkies lams nek, vet af gesny, 1 mielie

1L water gebruik, asook 1 koppie tee, 2suiker, geen melk.

My mikpunt is om my porsies klein te hou. En met die verkoue is mens mos niks lus vir eet nie, maar ek eet elke maaltyd.

Soos dokter weet Curves ek 4 dae ''n week, aerobics 2 dae ''n week EN stap nou selfs elke aand met my hond.

Ek het nie suiker, kolestrol, skildklier probleme nie, en die maag storie is nou ook eers weer reg, al wat my kan benadeel is die feit dat my maandstonde einde volgende week moet opdaag.

Ek is amper 26 jaar oud, 1.7m (het 4 cm gekrimp die af gelope 8jr)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek is jammer om te verneem dat jy verkoue het en dat jy nie gewig verloor het nie. Dit is moontlik dat jou naderende maandstonde en die verkoue of enige medikasie wat jy miskien vir die verkoue gebruik, kan bydra dat jy nie gewig verloor het nie. Kom ons kyk hoe dinge vorder as jy nou weer oor die verkoue is en die maandstonde ook verby is. Dit is goed om te hoor dat jy elke aand met jou hond gaan stap - mooi gedaan. As jy 1.7 m lank is, dan behoort jy 72 kg te weeg om 'n BMI van 25 (boonste grens van normaal) te hê. Ek kan nie glo dat jy 4 cm gekrimp het in die afgelope 8 jaar! Jy klink vir my te jonk daarvoor. Is dit nie dalk 'n kwessie van postuur nie??
Hou nou koers
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/26

Beste Helena
Ek is jammer om te verneem dat jy verkoue het en dat jy nie gewig verloor het nie. Dit is moontlik dat jou naderende maandstonde en die verkoue of enige medikasie wat jy miskien vir die verkoue gebruik, kan bydra dat jy nie gewig verloor het nie. Kom ons kyk hoe dinge vorder as jy nou weer oor die verkoue is en die maandstonde ook verby is. Dit is goed om te hoor dat jy elke aand met jou hond gaan stap - mooi gedaan. As jy 1.7 m lank is, dan behoort jy 72 kg te weeg om 'n BMI van 25 (boonste grens van normaal) te hê. Ek kan nie glo dat jy 4 cm gekrimp het in die afgelope 8 jaar! Jy klink vir my te jonk daarvoor. Is dit nie dalk 'n kwessie van postuur nie??
Hou nou koers
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement