advertisement
Question
Posted by: Pretoria | 2008/09/01

ADVIES IS EK REGTIG SO VERKEERD

Ek is 30 jaar getroud met ' n humeurige man wie ook ' n groot sportman was. Het kinders gedeeltelik alleen grootgemaak wat reg was met my, die tye wat hy by huis was het hy sy hulp op sy manier gegee. Die probleem is hy is ' n matige drinker, alhoewel hy nog nooit sy hande vir my gelig het nie, kan hy nogal uitdagend en skerp met sy tong wees na ' n drankie of twee. Die jongste kind (nou 21 - dogter)het al baie vir my gesê  sy wens sy kon met haar pa praat, sommer net geselskap voer, nie eintlik moontlik want hy het ' n sterk opinie waarin net hy reg is. Ons kinders is nou uit die huis en die afgelope twee jaar het ' n paar tragedies ons gesin getref deur dood van familie lede en erge beserings. Waarin hy behulpsaam was en sy deel gedoen het, maar vir alles wat hy doen soek hy die heeltyd erkenning, en jy moet honderd maal oor en oor dankie sê  anders kry jy woorde soos, ek doen dan so baie vir julle en jy bly ondankbaar. Hy het mediese probleme gehad waarin hy almal om hom en ook by werk se geduld tot uiterste beproef het. Vandag is die kinders uit die huis is en alles word net erger, hy konsentreer nou op my. Ons sukkel om mekaar te verstaan en net sy opinie is reg oor alles, hy weet alles oor alle onderwerpe en hoor nie eintlik wat enigiemand vir hom sê  nie. En as jy dit durf waag om hom verkeerd te verstaan is die hel los. Met die gevolg is ek bly net stil en vra net die heeltyd agter af verskoning. As gevolg van mediese probleme is hy nou verplig om op te hou rook wat die hele situasie net vererger. Wat doen ek hy is inherent ' n goeie mens, met ' n goeie hart maar ek weet nie of ek so sal kan aangaan nie. Meeste van die tyd stuur ek vir hom e-mails om seker te maak hy verstaan wat ek sê  en luister nie net na die helfde van die onderwerk en vorm dan sy eie opinie oor ' n ding nie. Soos ek vanoggend voel wil ek hom skei. Moet ek hom probeer oorreed om vir hulp te gaan of moet ek liewer ' n paar sessies by ' n sielkundige probeer inwerk. Mense ervaar hom as ' n persoon met ' n goeie hurmorsin en geniet sy geselskap, maar sien nie die persoon wat ek elke dag by die huis ervaar nie. Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Again, I'm a bit puzzled about why after all this time ( with him presumably being exactly like this ) you NOW find it harder to accept. I;m not at all saying that you should accept it, but wondering what has changed to make it become intolerable. Marriage counselling ( eg through FAMSA) could help, but only if he agreed to sincerely take part in it.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Leigh | 2008/09/03

You are suffering from ' empty nest syndrom' . Your children are out the house and now it is just you and a man who you dont like very much. I have been there and know what it is like.
We got divorced - after 46 years of marriage. It is really tough and something that you need to really look at.
You will be on your own and small things like going out at night for supper and to the movies become something you can' t do anymore because of the security situation. There are many situations like that. Your children cannot become a substitute because they have their own lives.
The benefits - fantastic, but to get to where you realise your own worth, takes lots of very hard work and there are sacrifices. The grass is not greener just different.
Give it lots of thought and good luck.

Reply to Leigh

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement