advertisement
Question
Posted by: Liana | 2008/11/24

Advies asb Dr Bets

Ek is ' n 28 jarige vrou, en is twee weke gelede gediagnoseer met ' n maagseer. Dit is aan die onderkant van my maag, blykbaar net waar die dunderm amper begin. Ek het die gastroskopie gehad en my dr het my op Sandoz Omeprazole en Scopex tablette gesit. Die Scopex was 2 tablette 3 maal ' n dag en is al klaar, ek het nog van die Sandoz oor en drink elke dag een. Ek eet ook baie versigtig, niks speserye of brandkosse nie, en ek drink net swart rooibostee sonder suiker en dan water ook. My maag is al beter alhoewel hy nog met tye teer is.

Twee dae terug het my " hart"  begin pyn en ek is toe vanmiddag na werk dr toe omdat ek gedink het ek is besig om ' n hartaanval te kry. My hele linkerkant van my borskas en veral my linkerbors is ongelooflik seer en ek kan my hart voel klop, vandaar die vrees dat ek ' n hartaanval gaan kry. My linkerarm is ook lammerig. Hy het Costochondritis gediagnoseer maar vir my gesê  agv my maagseer kan hy nie vir my regtig enige ander medikasie gee behalwe Stilpane, wat blykbaar nie so erg is op ' n maag nie. Ek het ' n baie goeie dr maar sal net graag ook ' n ander opinie wil hê . Ek is bang om enige ander pille te drink met my maag, self die Stilpane, ek sou verkies het om eerder net my Sandoz te drink. So ek het vanaand nou net een Stilpane gedrink maar die pyn is nog daar. Ek oefen ook elke dag, is oefening sleg as mens Costochondritis het?

Hoe lank vat ' n maagseer om gesond te word as jy dr bevele baie streng uitvoer? En hierdie Costochondritis? Sal die Stilpane regtig help daarvoor? Is daar enige ander anti-inflammatoriese medikasie wat ek dalk by die apteek kan kry wat nie my maag gaan affekteer nie. Dit is ' n redelike ernstige maagseer, ek was ' n week lank afgeboek van die werk en ek voel dit nogsteeds elke dag, selfs al eet ek so versigtig. Ek het omtrent 4 kg in minder as twee weke verloor omdat ek nou so versigtig eet en ek was nie oorgewig nie. Ek is 1.65m en weeg nou al 49.

Ek het ook volgens my dr ' n hoë  stresvlak agv my werk en ook my geaardheid. Dit help nie veel nie want ek stres net al hoe meer omdat my maag nie beter word nie ten spyte van die behandeling. En nou nog die Costochondritis . Dit beï nvloed my hele lewe. Asb help! Dankie en jammer oor die lang relaas.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Liana
Jy kan met veiligheid Voltaren jel smeer op die borskas - chostochondritis is gewoonlik teer as jy op die aansluiting tussen die ribbe en die borsbeen druk. Panado en Dolorol Forte en Stilpayne sal nie jou maag brand of irriteer nie. Vir al die ander anti-inflammatoriese goed moet jy vreeslik versigtig wees. Het hy 'n EKG geneem?

'n Maagseer kan tot 6 weke neem om te genees as jy jou pille mooi drink en reg eet, maar soms moet mens dit vir 3 maande of langer neem.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/11

Wat moet ek nie eet as ek maag seer het nie?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2009/05/11

Wat kan mens doen om ' n maag seer reg te kry?Hoelank kan dit vat?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement