advertisement
Question
Posted by: Lara | 2010/06/01

Advies asb

Hallo Dr Bets

My stiefpa se broer is baie siek, vir ''n jaar gaan hy nou al van dr na dr en niemand kan hom help nie. Wat die drs wel kon uitvind is dat hy vol bakteriee is, veral in sy sinusse. Hy het abdominale swelling en ongemak, is konstant moeg, hy sê  sy vel voel kriewelrig en dit voel of daar " lugblasies in sy bene"  is wat opbeweeg. Hulle het hom vir HIV, bhalarzia en hepatitis getoets en dit was alles negatief. Daar was wel kanker op sy blindederm gevind toe die uitgehaal was maar sy volbloedtellings is normaal. Die drs het ook vir hom gesê  sy immuniteit is totaal afgebreek. Wat se tipe spesialis kan hy gaan sien wat hom dalk kan help? Hy is in Pretoria. Kan dr asb ''n goeie spesialis aanbeveel, soos ek gesê  het, hy sukkel nou al so vir ''n jaar. U advies hierin sal opreg waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lara,
Ek dink hy moet eerstens 'n internis sien om te bepaal of die abdominale swelling agv vog in die buik is ( agv hartversaking of lewer/nierprobleme). Die gevoel in sy bene kan dalk "rustelose bene sindroom" wees en daar is middels wat werk daarvoor ( sommige antidepressante en anti-epileptiese middels help) As sy volbloed telling normaal is, behoort hy genoeg wit bloedselle te hê om normale immuniteit te hê maar hulle moet dalk kyk of hy nie immuunglobulien tekort het nie.Dit kan dalk veroorsaak word deur lewer probleme. Mens kan immuunglobuliene aanvul met 'n inspuiting. Hy het dalk chroniese sinusitus omdat hy onderliggende allergiee het, so hulle moet dalk na sy IGE telling ook kyk. Kyk bietjie op medpages.co.za se "free search" vir interniste naby julle
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Thoysie Saayman | 2010/07/13

My man het rustelose bene wat is die oorsaak vat rustelose bene en wat kan hy gebruik om dit beter of gesond te maak.

Reply to Thoysie Saayman
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/01

Hallo Lara,
Ek dink hy moet eerstens 'n internis sien om te bepaal of die abdominale swelling agv vog in die buik is ( agv hartversaking of lewer/nierprobleme). Die gevoel in sy bene kan dalk "rustelose bene sindroom" wees en daar is middels wat werk daarvoor ( sommige antidepressante en anti-epileptiese middels help) As sy volbloed telling normaal is, behoort hy genoeg wit bloedselle te hê om normale immuniteit te hê maar hulle moet dalk kyk of hy nie immuunglobulien tekort het nie.Dit kan dalk veroorsaak word deur lewer probleme. Mens kan immuunglobuliene aanvul met 'n inspuiting. Hy het dalk chroniese sinusitus omdat hy onderliggende allergiee het, so hulle moet dalk na sy IGE telling ook kyk. Kyk bietjie op medpages.co.za se "free search" vir interniste naby julle
Dr Bets

Reply to Cyberdoc | 1 comment (hide)
Posted by: senna | 2016/02/16

goeie dag dogter, ek wil graag weet hulle het vandag op sonar gesien ek het sist op my lewer wat 3cm groot is hy was twee jaar terug 0.3cm . radioloog se ek moet dit maar met my huis dr bespreek. Wat gaan hulle doen moet hulle dit afhaal of wat is dit

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement