advertisement
Question
Posted by: dee | 2008/12/22

adult mumps ??

Tweede opinie asb.

Ek het 3 dae terug begin voel of ek n kop verkoue kry - my gewrigte en vel was effe pynlik en sensitief. Meeste van die pyn is in die gesig ore wat voel of dit gaan ONTPLOF en vreeslike seer keel - 800mg brufen plus 2 panado Co het min tot geen verskil gemaak aan die pyn nie. My kliere is geswel maar my gesig is nie regtig opgeswel nie. Ek is na n Gp die volgende dag en sy het gese my oe lyk ook nie baie goed nie. My oe is vreeslik lig sensitief op die oomblik. (dra effe etter)

Ek is met n erge sinus infeksie gediagnoseer en op Antibiotika gesit asook 6 kortisoon pille in oggend ek het vandag my 2 de dodis van alles geneem (vanoggend vroeg) maar ek voel geensins beter nie. (ek het nog nooit voorheen in my lewe aan sinus gelei nie)

Ek is net bietjie bekommerd omdat ek simpel dinge doen en binne sekondes dinge vergeet. Niks daarvan kan onthou na die tyd nie.(kan dit die medikasie wees)
My balans is nie goed nie. My ore is glo effe maar min rooi.
My kleingtongetie is opgeswel en keel is dik binne. Rooi maar nie so rooi soos waneer ek gewone keelseer het nie.

Ek het as kind pampoentjie 5-6 keer gekry en die dr het gese ek het waarskeinlik nie imuniteit daarteen opgebou nie.

Is ek net te haastig om beter te voel of is hier dalk iets anders aand die broei.

Ek is bekommerd omdat my 2 jaarige nog nie al haar mmr kombinasie inspuiting gehad het nie - sy was baie siek met aanhoudende verkoues 6-7 maande lank en weeg nou eers 10kg

Sy was ook onwetend blootgestel aan waterpokkies. Met die dat haar imuunsisteem so sleg is - is ek amper seker sy gaan dit ook optel. Ek is raadop! moeg en seer.

Enige voorstelle en raad sal welkom wees
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dee
Kyk in die spieel - pampoentjies is altyd bokant die rand van die kakebeen en voor jou oor, geswelde kliere onder die rand van die kakebeen is gewoonlik limfkliere agv infeksie in die ore neus of keel. Ek dink jy is bietjie haastig - gee die antibiotika nog ten minste 'n dag of twee kans. Bietjie neusdruppels 12 uurliks ( Drixine) sal jou sinusse beter laat dreineer en ook die druk in jou middel oor verlig. Disprin of Codis met Andolex spray in die keel gee gewoonlik verligting ( disprin is anti-inflammatories en pynstillend en mens kan daarmeer gorrel voor jy sluk) As jou neus groen of geel loop, snuif soutwater in jou neus op en blaas uit, dit help die antibiotika om vinniger te werk as al die slym uit gespoel word ( 1/2 teelepel sout op 1 koppie lou water - moet soos trane proe) Doen dit 3 keer per dag as jy kan ( ja en ek weet dis gross! en onaangenaam...maar dit werk regtig)
Shame man dit is nou regtig sleg om so te voel as dit so warm is en Kersfees boonop - hoop jy moenie die hele familie onthaal nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement