advertisement
Question
Posted by: ouma | 2010/12/01

adhd????

Beste dok Bets,

HELP!!! My seun (in Ierland) bel my desperaat vanoggend...Dis nou lankal reeds dat hy my vertel hulle dogtertjie, 2 jaar oud, is baie moeilik. Ons het lankal reeds een of ander sindroom vermoed. Vanoggend bel hy my en se sy vrou is besig om behoorlik van haar kop af te raak. Hulle het n babaseun van 9 maande en dan die enetjie van 2 jaar. Die baba is redelik soeterig, maar het aandag nodig, soos alle baba''s maar.

Vanoggend het sy hom egter gebel en gese sy kan nie meer nie, die dogtertjie hou net nooit op nie. Sy gooi ''''tantrums'''' oor alles, wil ALTYD haar sin he, vra bv vir n tamatie en gooi hom dadelik weg, vra dan vir n piesang, vat een hap en gooi weg, en so gaan dit aan. Natuurlik met die bygaande geskreeu en gehuil. Verlede week was hulle in n winkel, toe die assistent nader stap om my skoondogter te help, toe gaan die dogtertjie aan die skreeu of sy vermoor word. Dit was glo heel abnormaal. Nou moet ek se my seun en skoondogter is baie anti-sosiaal, amper geen vriende nie, en dan die ''''added'''' probleem dat altwee ouma''s hier in SA is. So, hulle sien kwalik ander mense.
Hulle het wel n gewoonte om naweke na pretparke/speelparke te gaan waar daar ander mense/kinders is. Maar die dogtertjie het nog nooit een toegelaat om met haar te speel nie. Sy was n koliekbaba, en het geweldige refluks-probleme gehad as klein babatjie.
Wat kan fout wees, en wat kan hulle doen!!!?? Help asb dokter!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo ouma
Ek stel voor dat hulle haar laat evalueer deur 'n arbeidsterapeut wat met kinders werk. Hulle kyk dan of daar ontwikkelingsprobleme is, of neurologiese probleme en of 'n kind dalk 'n kinder psigiater moet sien. Ek stem saam, dit klink of iets nie lekker is nie. As dit 'n ontwikkelings probleem is, is dit beter dat sy so gou moontlik met 'n arbeidsterapeut begin werk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/01

Hallo ouma
Ek stel voor dat hulle haar laat evalueer deur 'n arbeidsterapeut wat met kinders werk. Hulle kyk dan of daar ontwikkelingsprobleme is, of neurologiese probleme en of 'n kind dalk 'n kinder psigiater moet sien. Ek stem saam, dit klink of iets nie lekker is nie. As dit 'n ontwikkelings probleem is, is dit beter dat sy so gou moontlik met 'n arbeidsterapeut begin werk.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement