advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2009/08/21

Adenovirus

My seuntjie (18maande) was vanaf Sondag vir 4 dae in die hospitaal met die adenovirus. Hy was voor dit vir langer as ' n week verkouerig en sy ogies was ontsteek en salf en druppels wou dit net nie wegvat nie. Elkgeval...ek het nou bietjie meer info oor die virus gaan opsoek om te kyk waar hy dit opgetel het. Ek sien van die simptome is verkoue, seer keel en koors.
My keel was die laaste tyd baie seer en het selfs een dag bietjie gebloei, maar dit het weggegaan terwyl hy in die hospitaal was. Kon ek dit dalk gehad het, of kon hy dit by die skooltjie gekry het al het geen ander kind dit nie?

My seun is gister ontslaan en is vandag by die huis. Ons het opdrag gekry om vertrekke warm te hou en om hom uit die koue te hou en ook weg van mense af met verkoue simptome.
Ons is Sondag genooi na vriende toe met ' n dogtertjie van dieselfde ouderdom. Sal dit dalk eerder wys wees om te weg te bly want ek wil nie hê  die kinders moet mekaar nou weer siek maak nie. My seun gebruik nou nog antibiotika vir 3 dae, maar ek weet nie of hy nog aansteeklik sal wees nie. Ek wil net graag ' n professionele opinie hê . Ek is seker bietjie te versigtig, maar ek wil nie weer by in hospitaal gaan sit met hom nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Die adenovirus is 'n baie virulente virus en sprei maklik van persoon tot persoon, weens direkte kontak of deur middel van speeksel druppel besmetting. Goeie higiene en die gereelde was van hande, voorkom die verspreiding van die virus.

So 'n virus infeksie kan tot drie weke neem om totaal op te klaar.

Verwys na die volgende webtuiste vir 'n volledige verduideliking oor die virus: http://en.wikipedia.org/wiki/Adenovirus

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement