advertisement
Question
Posted by: Zanet | 2011/12/06

Absesse onder my onderarms

Ek is vyftig en het nog altyd geskeer onder my arms. Twee maande gelede het ek ''n abses onder my arm gekry. Dr het antibiotika gegee en dit na 4 dae oopgesny en gedreineer. Na ''n week was dit die ander onder arm se beurt en ek het nou al 4 keer (2 onder elke arm) deurgeloop. Dr stel toe voor ek moet eerder waks as skeer, maar na die waks het ek 3 onder elke arm gehad>  weer antibiotika en toe së  hy dat as die antibiotika opgebruik is, ek dit chirurgies moet laat verwyder. Maar niemand kan my sê  wat dit veroorsaak nie. Wat doen ek verkeerd? Kan dit van ''n tekort wees van iets?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Zanet

Dit is moontlik weens 'n hartnekkige bakteriele infeksie wat 'n verlengde kursus orale antibiotika benodig. 'n Toestand soos Hidradenitis Suppurativa kan ook hierdie absesse veroorsaak. Daar is vele oorsake vir hierdie toestand en ek stel voor dat jy na die volgende artikel verwys: http://en.wikipedia.org/wiki/Hidradenitis_Suppurativa

Dit sal van waarde wees as jou dokter moontlike oorsake vir hierdie toestand ondersoek. Hy/sy sal bevoorbeeld metaboliese siektes, soos diabetes, skildklier patologie ens. moet uitskakel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Marinda Malan | 2012/01/11

Goeie Dag,

Ek het so ''n probleem onder die arm ontwikkel wat ek van een armrol verander het na ''n ander een. (Shield na Garnier), ek het vreeslik gejeuk onder die arm en onmiddelik weer terug gegaan na Shield. Ek het nou die afgelope 3 Maande oorgegaan na Michem omdat dit alergie vry is en dit het vir my gewerk. Ek het so paar weke terug met ''n rooi uitslag onder die arm begin kry. Dis nie seer nie, dit jeuk nie, maar is so opvallend. Ek skeer elke dag en dit is ook nie die probleem nie. Kan jy asb vir my raad gee oor wat die moontlike oorsaak van dit kan wees en in watter rigting ek moet gaan?

Reply to Marinda Malan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement