advertisement
Question
Posted by: TC | 2011-09-05

Abnormale bloeding

Ek is ongeveer 4 jaar gelede gesteriliseer (ek is 38) en my menstuasie is stiptelik elke maand 28 dae uitmekaar. Ek het in die verlede geen probleme ondervind nie, maar verlede maand het die bloeding baie vererger. Ek het my nie veel daaraan gesteur nie. Hierdie maand is ek 5 dae vroeg en het ek abnormale bloeding. Ek is gewoond om 1 dag sterk vloei te he en daarna minimale vloei vir 2 tot 3 dae. HIerdie maand is dit egter al vir 3 dae dat ek abnormaal vloei. Ek gebuik ''n super tampon en ''n doekie en as ek dit nie elke 30 minute omruil nie, gaan dit deur op my klere. Ek is ook ongelooflik moeg en het baie seer, veral lae rugpyn. Het ek rede tot kommer? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Abnormale uterine bloeding moet ondersoek word en ek stel daarom voor dat jy jou ginekoloog vir 'n ondersoek, ultraklank en papsmeer konsulteer. Die moegheid is heel waarskynlik weens bloedarmoede wat veroorsaak is deur die abnormale bloeding. Ek stel voor dat jy 'n yster aanvulling gebruik.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement